Nuus 15:00
BULLETIN 7 Maart 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA dien ‘n dringende saak van minagting van die hof in teen Fikile Mbalula
# GOOD beskuldig die DA van politieke skynheiligheid
# En, krieket: Die plaaslike T20-kompetisies skop af
# Die DA sal alle beskikbare maniere gebruik om die ANC te dwing om die wet te gehoorsaam en sy kadergeheime te onthul. Hy het ‘n dringende saak van minagting van die hof by die Hooggeregshof in Johannesburg ingedien teen die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, vir versuim om ‘n opdrag van die Konstitusionele Hof te gehoorsaam. Hiervolgens moes die ANC volledige rekords oorhandig oor sy nasionale kader-ontplooiingskomitee sedert Januarie 2013, toe president Cyril Ramaphosa die voorsitter geword het. Leon Schreiber van die DA eis voldoening en deursigtigheid:
Intussen sê die Die GOOD party in die Wes-Kaap die DA se besluit om die onlangs afgedankte burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit, Conrad Poole, na die provinsiale wetgewer te herontplooi, is ‘n klap in die gesig vir mense van die provinsie. Die party sê die DA het duidelik geen probleem met politieke kaders wat betrokke is by korrupsie-bewerings nie, en behoort hulle eintlik aanspreeklik te hou. Keagen Gertse van die GOOD party sê die DA kritiseer juis die ANC omdat hy sulke dinge doen:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomafrench Mbombo, het bevestig Joslin Smith se minderjarige sibbe is veilig by familie. Dit volg nadat Joslin se ma, Kelly, en haar kêrel, Jacquin “Boeta” Appollis, saam met twee ander vir haar verdwyning aangehou word. Mbombo sê die beskuldigdes het in die Landdroshof in Vredenburg verskyn op aanklagte van mensehandel en ontvoering:
# Krieket: Afdeling 1 van die plaaslike kompetisie KSA T20 begin môre, met agt spanne wat meeding. Afdeling 2 het reeds gister begin, met sewe laervlak-spanne wat sake uitspook. Krieket Suid-Afrika sê die Vroue T20-uitdaging sal ook versterk word met vier dubbelwedstryde wat saam met die mans-spanne gespeel word. Die uitvoerende hoof van KSA, Pholetsi Moseki, sê die toernooie bied aan spelers die geleentheid om hul vaardighede ten toon te stel en jonger spelers te motiveer om in hul voetspore te volg.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-80-sent teen die dollar, 20-rand-49-sent teen die euro en 23-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-929-dollar-63-sent. Die prys van goud is twee-duisend-157-dollar-97-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-39-sent per vat.
# En, ‘n verslag van die Internasionale Organisasie vir Migrasie het onthul 2023 was die dodelikste jaar vir migrante sedert 2014, met minstens agt-duisend-565 mense wat wêreldwyd op migrasieroetes dood is. Die verslag lê klem op ‘n toename van 20-persent in die dodetal vergeleke met 2022, en beklemtoon die dringende behoefte aan optrede om verdere lewensverlies te voorkom. Die organisasie se Vermiste Migrante-projek het hierdie sterftes en verdwynings aangeteken en plaas klem op die gevaarlike reise wat migrante moet onderneem weens ‘n gebrek aan veilige, gereguleerde roetes.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….