Nuus 15:00
BULLETIN 6 Maart 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Moody’s plaas Tshwane op hersiening weens vertragings met die uitreik van sy finansiële state
# SAPRA maan oor die ekonomiese uitwerking van die brandstofprysverhoging
# En, tennis: Nadal en Raonic pak mekaar in die eerste die ronde van die Indian Wells-toernooi
# Die graderingsagentskap Moody’s het Tshwane op hersiening geplaas vir ‘n afgradering nadat die stad die spertyd misgeloop het om sy finansiële state vir 2022/23 betyds uit te gee. Die vertraging kan lei tot die opskorting van verhandeling in sy genoteerde skuld-instrumente. Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink sê die stad het voldoen aan sy ondernemings aan die Ouditeur-Generaal en werk aan die indiening van die ge-ouditeerde finansiële state teen Dinsdag. Intussen het Ekurhuleni Moody’s se onlangse afgradering verwerp, en sê hy het geen fomele ooreenkoms vir sulke beoordelings nie. Die metro oorweeg regstappe oor die skade aan sy reputasie weens die ongevraagde hersiening.
# Cosatu waarsku oor die normalisering van lae ekonomiese groeikoerse en beklemtoon dringende optrede. Die vakverbond sê met ‘n groei van skaars 0,6-persent verlede jaar, is die ekonomie steeds broos, en dit word vererger deur die uitdagings by Transnet wat belangrike sektore raak. Die federasie bepleit steun vir Eskom, Transnet se modernisering, en ‘n holistiese benadering om misdaad en korrupsie te bekamp. Matthew Parks van Cosatu sê uitgebreide maatskaplike ondersteuningsprogramme en die strategiese herbelyning van die begroting is uiters belangrik om te verhoed dat ‘n voortgesette lae groeikoers sommer net aanvaar word.
# Die Suid-Afrikaanse Petroleum-kleinhandelaarsvereniging, Sapra, waarsku oor die ekonomiese uitwerking van verhoogde internasionale brandstofpryse. Dit volg nadat brandstofpryse vanoggend in Suid-Afrika gestyg het. Sapra se adjunk-voorsitter, Lebo Ramolahloane, beklemtoon moontlike inflasionêre druk en die uitwerking daarvan op verbruikersbesteding en monetêre beleidsbesluite. Ramolahloane sê die styging in brandstofpryse sal ondernemings wat staatmaak op vervoer en logistiek, regstreeks beïnvloed, huishoudelike begrotings strem en produksiekoste vir nywerhede verhoog, wat indiensneming sal raak. Ramolahloane vra regeringsingryping om die uitwerking te versag.
# Tennis: Die Spaanse veteraan, Rafael Nadal, pak vanaand die Kanadees, Milos Raonic, in die eerste ronde van die Indian Wells Ope. Die 37-jarige het as gevolg van beserings die grootste deel van die afgelope jaar misgeloop. Die 33-jarige Raonic, wat in 2016 derde op die wêreldranglys was, is nou in die 222ste posisie nadat hy ook onder beserings deurgeloop het. Die topgekeurde Novak Djokovic van Serwië, wat die toernooi al vyf keer gewen het, het ‘n loslootjie in die eerste ronde en speel Vrydag sy eerste wedstryd.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-89-sent teen die dollar, 20-rand-55-sent teen die euro en 24-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-237-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-125-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-51-sent per vat.
# En, die Stad Ekurhuleni sê hy het ‘n sukseskoers van 90-persent behaal met tuberkulose-behandeling in die jongste verslagtydperk van Oktober 2021 tot September 2022. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is Suid-Afrika op die drie wêreld-ranglyste van lande met ‘n hoë voorkoms van TB , MIV-verwante TB en middelweerstandige TB. Die metro se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê hulle sal voortgaan om bewustheid te verskerp vir TB-behandeling:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….