Nuus 15:00
BULLETIN 18 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA kritiseer minister Nkabane oor haar afwesigheid van ‘n belangrike parlementêre vergadering
# Rugby: Frankryk se afrigter kritiseer die skeidsregter-beslissings in die eerste twee toetse teen die All Blacks
# En Soweto-toerisme sê die likwidasie van die Mandelahuis-museum verloën die oudpresident se erfenis
# Die DA sê die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, kan nie weghardloop of wegkruip vir die Parlement of die wet nie. Nkabane was nie vandag op ‘n belangrike parlementêre komiteevergadering oor haar beweerde ontplooiing van ANC-kaders na rade van Sektor-onderwys- en Opleidingsowerhede nie. Die DA-lid, Karabo Khakhau, sê ondanks ANC-beskerming, sal die party nie toelaat dat die minister die gevolge van die misleiding van die Parlement vermy nie:
# AfriForum sê hy wag op volgende week se uitspraak in die vuurwapensaak teen die EFF-leier Julius Malema. Hy sal van Maandag tot Woensdag in die Streekhof in Oos-Londen in die Oos-Kaap verskyn omdat hy na bewering ‘n semi-outomatiese vuurwapen afgevuur het tydens ‘n saamtrek in 2018. Malema staan tereg op verskeie aanklagte kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer. Jacques Broodryk van AfriForum sê politici is nie onaantasbaar nie en eis dat die saak ‘n belangrike presedent vir aanspreeklikheid skep:
# Die polisie sê hy bly onwrikbaar in sy pogings om geslagsgeweld en vrouemoord te bestry met ‘n veelsydige benadering wat slagofferondersteuning, gemeenskapsbetrokkenheid en samewerking met ander belanghebbendes insluit. Altesaam 122 verdagtes is binne ‘n week in hegtenis geneem vir verkragting, met die Vrystaat wat op 28 die meeste gehad het, gevolg deur Gauteng met 26. ‘n Polisiewoordvoerder, Vincent Mukhathi, sê 68 ander gesoekte verkragtingsverdagtes is opgespoor in ander provinsies:
# Rugby: Frankryk se hoofafrigter, Fabian Galthié, het die skeidsregters se optrede in die eerste twee toetse teen die All Blacks gekritiseer en sê hy verwag neutraliteit van wedstrydbeamptes. Die twee lande speel môre die laaste toets in Hamilton nadat Nieu-Seeland die eerste twee gewen het. Galthié het verskeie beslissings in Dunedin en Wellington bevraagteken, insluitend Jordie Barrett wat na bewering onwettig by ‘n losskrum aangesluit het, en die vleuel Rieko Ioane wat onkant was toe hy onderskep het. Hy sê albei moes geelkaarte ontvang het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-72-sent teen die dollar, 20-rand-63-sent teen die euro en 23-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-931-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-353-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 69-dollar-27-sent per vat.
# En ten slotte: Soweto-toerisme het die Gautengse regering gekritiseer omdat hy nie die voortgesette likwidasie van die Mandelahuis-museum in Vilakazistraat oplos nie. Terwyl die wêreld Mandeladag vier, voer die organisasie aan dat die museum, wat voorheen gesien is as ‘n simbool van nalatenskap en bemagting, in die hande bly van likwidateurs met geen plan vir herwinning nie. Thato Mothopeng van die vereniging sê die regering se gebrek aan optrede is verraad teen die nalatenskap van wyle oudpresident Nelson Mandela.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….