Nuus 15:00
BULLETIN 14 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# SALGA sê moord op politici is ‘n winsgewende onderneming in KZN
# Die VN Sekretaris-generaal veroordeel aanvalle op joernaliste in Gaza
# En, Sokker: Bafana Bafana se afrigter loof die spanpersoneel vir hulle uitsonderlike ondersteuning
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering waarsku dat moord op politici ‘n winsgewende onderneming geword het vir huurmoordenaars in KwaZulu-Natal. Die vereniging het die media toegespreek ná die onlangse moord op ‘n raadslid van die Nongoma Plaaslike Munisipaliteit, Ndukwenhle Duma, in uMtubatuba. Die voorsitter, Thami Ntuli, vra onmiddellike optrede teen die situasie, waar politici maklike teikens geword het. Hy waarsku oor die gevaar vir diegene wat korrupsie op plaaslike regeringsvlak blootlê, en sê die toename in politieke moorde is ‘n regstreekse aanslag op die demokratiese stelsel:
# Die wêreld se eerste fosfaatmyn wat deur vroue besit word, Adelaide Ruiters Mining and Exploration, sal na verwagting in Junie of Julie in Suid-Afrika open. Die maatskappy oorweeg ook ‘n aanvanklike openbare aanbod voor die einde van die jaar. A-R-M-E het fosfaatmineraal-verkenning en mynontwikkeling gedoen in Saldanhabaai, om uiteindelik die Zandheuvel-projek te ontwikkel. Die doel is om ‘n nuwe fosfaatbevoegdheid te skep vir Suid-Afrika en die Suider-Afrika-streek, om voedselsekerheid en landbou-ontwikkelingsbehoeftes te verbeter.
# Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, het die onlangse aanval op joernaliste wat oor die Israel-Hamas-konflik in Gaza verslag gedoen het, veroordeel. Twee Al Jazeera-korrespondente, Ismail Abu Omar en Ahmad Matar, is ernstig beseer in ‘n Israelse lugaanval op Gaza terwyl hulle ‘n dokumentêr gedoen het oor hawelose Palestynse gesinne, en toe direk geteiken is deur ‘n missiel wat deur ‘n hommeltuig afgevuur is. Guterres het die uiterste belang van mediavryheid beklemtoon:
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het die nasionale spanpersoneel geloof vir hul besonderse toewyding met die versorging van die spelers. Broos het die personeel se onvermoeide pogings geprys om aan die span se behoeftes te voldoen, om prestasie te verseker. Sy opmerkings het gevolg tydens die span se terugkeer na die O-R Tambo Internasionale Lughawe vanaf die Ivoorkus met die bronsmedalje wat in die Afrikabekertoernooi verower is:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-15-sent teen die dollar, 20-rand-49-sent teen die euro en 24-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 51-duisend-439-dollar-29-sent. Die prys van goud is een-duisend-991-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-87-sent per vat.
# En, om mee af te sluit: Ter viering van die roemryke loopbaan van die bekende kunstenaar Esther Mahlangu, gaan die Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Gallery in Kaapstad ‘n uitstalling aanbied met die titel Then I Knew I Was Good at Painting. Die uitstalling onder die kuratorskap van Nontobeko Ntombela, fokus op die hoogtepunte van Mahlangu se loopbaan van meer as 50-jaar en haar verbysterende opgang as kontemporêre kunstenaar. Die uitstalling vind plaas van Sondag tot 11 Augustus, waarna dit by die Wits-kunsmuseum in Johannesburg uitgestal sal word voordat dit op ‘n wêreldtoer geneem word wat vroeg in 2026 in Amerika eindig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….