Nuus 15:00
BULLETIN 4 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa loof die verstewiging van die vennootskap tussen Suid-Afrika en Kenia
# Die DA sê oudminister Tolashe word forensies verbind met ‘n leuen aan die Parlement
# En Suid-Korea open die wêreld se eerste museum wat uitsluitlik toegewy is aan die geskiedenis en kuns van klank
# President Cyril Ramaphosa het die verstewigende vennootskap tussen Suid-Afrika en Kenia geloof en die vordering benadruk wat gemaak is deur die gesamentlike handelskomitee en die Afrika-vryhandelsgebied. Hy het tydens samesprekings met sy Keniaanse ampsgenoot, William Ruto, in Pretoria die samewerking in sekere sektore verwelkom, insluitend groen energie, digitale handel, kunsmatige intelligensie, e-beweeglikheid en vaardigheidsontwikkeling. Ramaphosa sê toenemende handel skep geleenthede vir ekonomiese groei en jeugbemagtiging:
# Die DA sê die gewese minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, is wel as ANC-minister verwyder, maar dit vrywaar haar nie teen strafregtelike aanspreeklikheid nie. Twee verslae betrek haar by moontlike onregmatige aanstellings. DA-woordvoerder Nazley Sharif sê die kabinet het Tolashe vyf jaar lank verbied om haar direkteur-generaal aan te stel en ‘n forensiese verslag weerspreek haar weergawe dat sy nie die voormalige DG se kontrak geteken het nie:
# Die Persraad het die uitspraak ten gunste van die SABC teen Sunday Times en TimesLIVE gehandhaaf. Dit handel oor ‘n bewering dat die uitsaaier Face the Nation gekanselleer het weens druk van die ANC en regeringsamptenare. Die Persombud het bevind die publikasies oortee die Perskode deur bewerings as feite weer te gee en nie belangrike nuwe inligting te publiseer nie. Hulle is gelas om onvoorwaardelik om verskoning te vra, die bewerings terug te trek en die SABC se kykergetalle en redes vir die kansellasie bekend te maak.
# Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, het Jofra Archer verdedig nadat die snelbouler onder kritiek deurgeloop het het oor sy afwesigheid in die groep na sy betrokkenheid by die Indiese Premierliga. Archer speel nie in die eerste toets teen Nieu-Seeland wat vandag op Lord’s begin het nie, en is dalk nie gereed om te speel in die tweede toets wat die 17de op die Oval begin nie. Stokes sê die krieket-landskap het verander:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-22-sent teen die dollar, 18-rand-88-sent teen die euro en 21-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-448-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-477-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 94-dollar-83-sent per vat.
# En ten slotte: Die Audeum-klankmuseum het in Seoul, Suid-Korea, geopen as die wêreld se eerste instelling wat toegewy is aan klank-herproduksie. Die gebou van sewe verdiepings ontwerp deur die argitek Kengo Kuma spog met ‘n treffende buitekant van aluminiumpype en die binnekant is van optimaal-akoestiese hout gemaak. Die hele ruimte dien as ‘n reuse-klankkas. Besoekers kan 150-jaar se klankgeskiedenis ervaar, insluitend eeu-oue Edison-fonograwe en reuse-Western Electric-rolprentluidsprekers. ‘n Woordvoerder sê die doel is dat besoekers werklik die ontwikkeling van klank kan ondervind.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….