Nuus 15:00
BULLETIN 12 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Storm-sterftes styg tot ses terwyl wes-Kaapse oorstromings ses-duisend mense raak
# Die Bolandse dorp Worcester is heeltemal afgesny van die buitewêreld
# En krieket: Ismail is ingesluit in die Protea-vroue se Wêreldbekergroep ná sy haar uittrede omkeer
# Die bevestigde sterftetal weens storms in die Wes-Kaap het tot ses gestyg, terwyl byna ses-duisend mense weerloos gelaat is terwyl die gure weer die provinsie aanhou teister met wydverspreide oorstromings, ontruimings en skade aan infrastruktuur. Die owerhede sê byna twee duisend blyplekke is oorstroom of verwoes in informele nedersettings soos in Philippi en Khayelitsha in Kaapstad. Rampbestuurspanne raam steeds die volle omvang van die skade terwyl nood-reaksie voortgaan in die hele provinsie.
Intussen is die Noord‑Bolandse dorp Worcester heeltemal afgesny van die buitewêreld weens hewige oorstromings. Die N1 is in albei rigtings gesluit, asook die R43 na Wolseley, die R46 na Villiersdorp en die R60 in die rigting van Robertson. Die brug oor die Breërivier naby Nekkies is ook oorstroom. Die Wes‑Kaapse regeringswoordvoerder, Kristoff Adelbert, het motoriste vroeër aangeraai om slegs in uiterste noodgevalle te ry, terwyl nooddienste die verslegtende weersituasie monitor en daarop reageer.
# Die vakbond-federasie SAFTU verwerp president Cyril Ramaphosa se besluit oor ‘n geregtelike hersiening van die Artikel 89-onafhanklike paneel se verslag. Die paneel het prima facie-bewyse gevind dat hy moontlik die Grondwet en sy ampseed oortree het deur sy optrede in ‘n beweerde geld-toesmeerdery op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo in 2020. SAFTU se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê die regte politieke stap sou Ramaphosa se bedanking wees:
# ANEW Hotels and Resorts sê die herstel van Suid-Afrika se toerisme gaan oor meer as slegs besoekersgetalle. Die groep het gedurende die Afrika-toerisme-indaba in Durban gesê die sektor het herstel tot meer as 95-persent van die vlakke voor die pandemie, maar meen die fokus moet nou op wyer ekonomiese voordele wees. Woordvoerder Corné Visser sê toerisme moet wyer as die groot bestemmings groei sodat meer provinsies en gemeenskappe daarby kan baat:
# Krieket: Die snelbouler Shabnim Ismail het haar uittrede uit internasionale krieket omgekeer en is onmiddellik ingesluit in die Protea‑vroue se groep van 15 spelers vir die T20‑Wêreldbekertoernooi in Engeland en Wallis, wat vandag aangekondig is. Die 37‑jarige Ismail het in Februarie 2023 uitgetree ná 113 T20‑wedstryde vir Suid‑Afrika, waarin sy 123 paaltjies geneem het. Laura Wolvaardt voer die span weer aan, met ervare spelers soos Marizanne Kapp, Dané van Niekerk, Chloé Tryon en Nonkululeko Mlaba ingesluit. Kayla Reyneke speel in haar eerste Wêreldbekertoernooi.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-52-sent teen die dollar, 19-rand-40 teen die euro en 22-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-506-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-695-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 105-dollar-21-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….