Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# MultiChoice meen Canal Plus se aanbod is nie voldoende vir verdere gesprekke nie
# Die DA Wes-Kaap vra ramphulp vir die Sentraal-Karoo
# En, sokker: FIFA kondig besonderhede vir 2026 Wêreldbekertoernooi aan
# MultiChoice, die moedermaatskappy van DStv, het die Franse vermaaklikheidsreus Canal Plus (Ploes) se uitkoopaanbod van 105-rand per aandeel van die hand gewys met verwysing na noemenswaardige onderwaardering. Afrika se grootste betaal-TV-onderneming sê onlangse evaluering plaas die waarde daarvan vêr bo die aanbodprys. Die raad sê hy is te vinde vir die om maksimum aandeelhouerswaarde te verseker, maar die voorgestelde prys regverdig nie verdere gesprekke nie. Canal Plus het sy belang in MultiChoice tot meer as 35-persent verhoog, wat die drempel vir ‘n verpligte aanbod oorskry. MultiChoice-aandele het ondanks die verwerping, ‘n styging van 19-persent aangeteken sedert die bodaankondiging.
# Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die provinsiale regering vir dringende ramphulp aan die Sentraal-Karoo-munisipaliteit. Die munisipaliteit is Saterdag swaar getref deur stormsterk wind en swaar reën, wat ook die Laingsburg/Touwsrivier 132-kilovolt kraglyne beskadig het. Gebiede soos Laingsburg, Merweville en Prins Albert, is geraak. Deidré Baartman van die DA sê Eskom moet so gou as moontlik die lyne herstel sodat mense se kos nie bederf nie:
# Die leier van Namibië se amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, Mchenry Venaani, het diepe hartseer oor die afsterwe van president Hage Geingob uitgespreek. Venaani het Geingob geloof as ‘n pilaar van krag, ‘n bekwame onderhandelaar en ‘n baken van onwrikbare leierskap tydens uitdagende tye. Venaani sê Geingob se afsterwe is ‘n aansienlike verlies, nie net vir Namibië nie, maar vir die hele Afrika-kontinent. Geingob is gisteroggend in die Lady Pohamba-hospitaal dood terwyl hy onder die sorg van sy mediese span was:
# Sokker: Die openingswedstryd van 2026 se Wêreldbekertoernooi vind op 11 Junie in die Estadio Azteca, in Mexikostad plaas. Dit sal die derde keer wees dat dié stadion die geleentheid aanbied. Die wêreldbeheerliggaam, FIFA, het besonderhede bekend gemaak oor die toernooi, wat in Kanada, Amerika en Mexiko gespeel sal word. FIFA se president, Gianni Infantino, het aangekondig die eindstryd sal op 19 Julie in die MetLife-stadion in New Jersey plaasvind. Hy sê 104 wedstryde sal oor 39 dae op 16 stadions gespeel word:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-95-sent teen die dollar, 20-rand-38-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-65-dollar-51-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-25-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-8-sent per vat.
# Ten slotte: Taylor Swift het by die 66ste Grammy-toekennings die prys vir beste album gewen vir Midnights. Sy is die eerste kunstenaar ooit wat die toekenning vier keer kon opraap. Sy het ook weggestap met die prys vir beste vokale pop-album. SZA, wat in nege kategorieë benoem is, het twee toekennings ontvang. Een is vir die beste R&B-lied vir Snooza. Miley Cyrus spog met haar eerste twee Grammys vir beste pop-solovertoning en langspeler van die jaar vir Flowers. Billie Eilish het die prys vir die beste liedjie van die jaar ontvang vir haar Barbie-temalied, What Was I Made For.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….