Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê die Raad van Provinsies moet sy wetgewende gesag gebruik om die gebrekkige BELA-wetsontwerp te verwerp
# Die globale vraag na lugvrag neem in Desember aansienlik toe
# En, motorsport: Formule Een gaan tot 2029 in Japan bly
# Die DA pleit by die Nasionale Raad van Provinsies om sy wetgewende gesig te laat geld om die Wetsontwerp op Basiese Onderwyswette te verwerp sodat die Nasionale Vergadering daaroor kan herbesin. Openbare voorleggings oor die BELA-wetsontwerp het gister gesluit en dit dien nou voor die raad vir instemming. ‘n Woordvoerder van die DA, Baxolile Nodada, sê hoewel die ANC vasbeslote is om die wetsontwerp deur te stoomroller, is die party gereed vir regsoptrede:
# Die Internasionale Lugvervoervereniging het aangedui die wêreld se algehele vraag na lugvrag het ‘n merkbare groei van 10,8-persent in Desember ervaar, vergeleke met die vorige jaar. IATA se direkteur-generaal, Willie Walsh, bevestig die toename in internasionale vraag was hoër op 11,5-persent. Die algehele lugvragvermoë het in Desember ook op ‘n jaargrondslag ‘n aansienlike styging van 13,6-persent getoon. Intussen het die onlangse ontwrigting in die Rooi See sommige versenders na lugvrag laat beweeg, wat gelei het tot ‘n groter vraag en ‘n toename in lugvrag.
# Japan het ‘n toekenning van byna 15-miljoen-rand deur UNICEF aangekondig vir nood-cholera-reaksie in die Manicaland-provinsie in Zimbabwe. Die land worstel sedert Februarie verlede jaar met die cholera-uitbreking en het meer as 20-duisend gevalle en meer as 400 sterftes aangeteken. Die befondsing sal spesifiek die kwesbaarste gemeenskappe in Manicaland teiken, waar die meeste cholera-gevalle aangeteken is. Die toekenning sal volgens berigte omvattende lewensreddende ondersteuning help bied op gebiede soos toegang tot veilige water, voorsiening van kritieke higiëne produkte, gesondheidsorg, voeding en kinderbeskerming.
# Motorsport: Formule 1 het ‘n vyf-jaar verlenging aangekondig met die Japannese Grand Prix wat die ikoniese Suzuka-baan tot minstens 2029 op die kalender sal hou. Die eerste F1-wedren by Suzuka was in 1987. Vanjaar se Japannese Grand Prix beweeg na ‘n nuwe gleuf in April, tussen die wedrenne in Australië en China, om die afstand te verminder van vrag wat wêreldwyd vervoer moet word. Die stap vorm deel van F1 se strewe om meer volhoubaar te wees, met die doel om teen 2030 op netto-nul koolstof te kan wees.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-63-sent teen die dollar, 20-rand-27-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-en-55-dollar-77-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-54-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-13-sent per vat.
# En ten slotte: Die grootste sosiale sport- en lewenstylgeleentheid, die Kaapstad 10’s, is vandag die eerste van ‘n maand vol geleenthede in die Moederstad. Ses sportkodes vorm deel van die tweedaagse fees, insluitend rugby, netbal, padel, waterpolo en ‘n liefdadigheidswedloop van vyf-kilometer Saterdagoggend. Die burgemeesterkomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê Kaapstad bied ondersteuning aan minstens 21 geleenthede wat hierdie maand plaasvind:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….