Nuus 15:00
BULLETIN 24 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Brand ontstaan in die Kaapstadse Internasionale Lughawe
# Solidariteit bekom ‘n hofbevel wat die instel van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering opskort
# En sokker: Banyana mik na die perfekte einde in Groep A teen Lesotho in die COSAFA-vrouekampioenskap
# ‘n Brand het naby die internasionale saal van die Kaapstadse Internasionale Lughawe onstaan en ontruimings genoodsaak. Owerhede sê dele van die saal is ontruim terwyl brandbestryders die brand onder beheer gebring het. Die bedrywighede word steeds geraak met noodpersoneel wat op die perseel bly. Passasiers en personeel is na veiligheid verskuif en geen beserings is aangemeld nie. Ondersoeke na die oorsaak duur voort.
# Die Hooggeregshof in Pretoria het vandag gelas die instel van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering moet onmiddelik opgeskort word. Solidariteit het die aansoek ingedien. Woordvoerder Theuns du Buisson, verwelkom die stap en sê die voorlopige opskorting sal van krag bly tot die Konstitusionele Hof uitspraak lewer oor die wet se ondertekening in 2024:
# President Cyril Ramaphosa verwelkom die terugkeer van sekere Suid-Afrikaanse mans wat na die Russies-Oekraïense konflik gelok is. Die regering, in samewerking met Russiese owerhede, het ná noodoproepe hul veilige terugkeer verseker. Vier mans het by die huis aangekom en elf word binnekort verwag, terwyl twee steeds in Rusland is, insluitend een in ‘n Moskouse hospitaal. Woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa verwelkom voortgesette ondersoeke na die mans se beweerde werwing:
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se nuwe wêreldwye tariewe van tien-persent het amptelik in werking getree. Die land se Hoërhof het Vrydag sy vorige tariewe onwettig verklaar. Die hof het beslis ‘n wet van 1977 wat ontwerp is vir nasionale noodgevalle, bied nie wettige regverdiging vir die meeste van die tariewe nie. Trump het die hof se uitspraak belaglik genoem. Hy sê sy administrasie sal voortgaan met pogings om handelsverhoudings te belyn om Amerikaanse werkers, boere en vervaardigers te bevoordeel.
# Sokker: Banyana Banyana wil hulle perfekte rekord in Groep A handhaaf wanneer hulle vanmiddag teen Lesotho speel in die COSAFA-vrouekampioenskap in Polokwane, Limpopo. Banyana het reeds ‘n plek in die halfeind verseker nadat hulle Angola en Malawi verslaan het. Afrigter Desiree Ellis prys die uitwerking van nuwe talent as die sleutel in die voorbereiding vir vanjaar se Afrikabekertoernooi vir vroue in Marokko. Sy beklemtoon spanontwikkeling vorm die groter prentjie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-97-sent teen die dollar, 18-rand-82-sent teen die euro en 21-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-157-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-174-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie-71-dollar-3-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….