Nuus 15:00
BULLETIN 13 Janurie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank hersien die prima-uitleenkoers
# Eskom herbevestig sy toewyding aan deursigtige regulatoriese hervorming
# En gholf: Brooks Koepka maak ‘n sensasionale terugkeer na die PGA-toer
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is tans besig met ‘n hersieningsproses oor die prima-uitleenkoers – die hoofverwysingskoers wat handelsbanke gebruik om geld aan Suid-Afrikaners te leen. Die sentrale bank oorweeg glo om die gaping te vernou tussen die prima-uitleenkoers van 10,5-persent en die terugkoopkoers waarteen die Reserwebank geld aan banke leen, tans op sewe-persent. Die verskil van 3,5-persent is vanaf 2001 van krag. Momentum se hoofekonoom, Sanisha Packirisamy, sê dit kan oor die korttermyn verbruikers se skulddienskoste verminder.
# Eskom sê hy werk saam met ander handelaars aan die proses onder leiding van die Nasionale Energiereguleerder om handelsregulasies te ontwikkel wat ‘n regverdige, deursigtige en volhoubaar mededingende mark moontlik maak. Dit volg op berigte dat die kragverskaffer sy regsuitdaging teen Nersa oor die toekenning van elektrisiteit-handelslisensies aan vyf privaat elektrisiteitshandelaars, voorlopig gestaak het. Eskom se woordvoerder, Aubrey Sambo, sê die doel was om regulatoriese onsekerheid te vermy:
# Die UDM waarsku teen die viering van matriek-slaagsyfers sonder om die dieper werklikhede in die basiese onderwysstelsel te konfronteer. Die matrieks van 2025 het ‘n slaagsyfer met ‘n effense styging getoon vanaf 87,3-persent in 2024. Zandile Phiri van die UDM sê die party erken die vordering, maar dit moet nie gebruik word om volgehoue ongelykhede te verbloem tussen skole, onveilige en vervalle infrastruktuur, oorvol klaskamers en tekorte aan leermateriaal nie:
Die GOOD-party sê die matriekuitslae in die Wes-Kaap is nie net ʼn maatstaf vir akademiese prestasie nie, maar getuig ook van oorlewing. Die provinsie se slaagsyfer is 88,2-persent, wat hom vyfde plaas op nasionale vlak. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê leerders het in te veel gemeenskappe vir die eksamen voorberei met geweerskote en hulpkrete in die agtergrond:
# Gholf: Die vyfmalige major-kampioen, Brooks Koepka, gaan onmiddellik na die PGA-toer terugkeer. Die Amerikaner het nie gekwailfiseer om op die toer te speel sedert hy in 2022 by LIV-Gholf aangesluit het nie. Hy het verlede maand sy onttrekking aan die Saoedi-Arabies-gesteunde liga aangekondig. Sy terugkeer is ingevolge die nuwe Terugkerende Spelersprogram. Slegs spelers wat vir minstens twee jaar nie aan die PGA-toer deelgeneem het nie en die afgelope vier seisoene die jaarlikse PGA Kampioenskapstoernooi of ‘n major gewen het, kan vir die program in aanmerking kom.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-16-sent teen die euro en 22-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-39-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-585-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 64-dollar-31-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….