Nuus 15:00
BULLETIN 9 Januarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Verdedigingsontleder waarsku ‘n vlootoefening stel die Suid-Afrikaanse Vloot se swakhede bloot
# Die Christelike Forum vra Mothibi om op die vervolging van hoëvlak-korrupsie te fokus
# En rugby: Die Cheetahs en die Leeus hoop om hul Uitdaagbeker-seisoen hierdie naweek weer op koers te kry
# ‘n Verdedigingsontleder, Helmut Heitman, sê Suid-Afrika se deelname aan lootoefeninge met China, Rusland en Iran in Kaapstad beklemtoon ernstige beperkings in die Suid-Afrikaanse Vloot. Hy beskryf die oefening as ‘n basiese deurgangsoefening, nie gevorderde oorlogvoering nie. Heitman het uitgelig slegs een fregat is seewaardig, maar nie gevegs-gereed nie, met verouderde stelsels. Hy voeg by swak onderhoud en ‘n gebrek aan maritieme patrollie-vliegtuie verswak die vermoë, terwyl ‘n gevaar bestaan dat bande met Rusland en Iran verhoudings met belangrike Westerse handelsvennote kan belemmer.
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum vra die nuut-aangestelde Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, om te fokus op die vervolging van hoëvlak-korrupsie om gesteelde openbare fondse terug te kry. Die forum se leier, Marothi Mashashane, sê Mothibi moet gelyke toegang tot geregtigheid verseker sodat die armes nie die enigstes is wat met die volle mag van die reg te doen kry nie:
# Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, Umalusi, sê 2025 se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenvraestelle wat uitgelek het was beperk tot drie vakke – Fisiese Wetenskappe, Wiskunde en Engels Huistaal. Dit het sowat 40 kandidate in sewe sentrums in Pretoria geraak. Uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, sê dit ondermyn nie die uitslae se geloofwaardigheid nie. Hy waarsku sertifikate sal gekanselleer en regstappe gedoen word indien verdere onreëlmatighede gevind word:
Die Suid-Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters het intussen aansoeke oopgestel vir sy volledig befondsde beursprogram vir aspirant-rekenmeesters. Die beurse is beskikbaar vir matrieks en universiteitstudente wat weens finansiële probleme nie hul studies kan voortsit nie. Die beurse dek klasgeld, handboeke, verblyf indien nodig, en ‘n maandelikse toelaag vir studente wat studeer vir ‘n BCom Rekeningkunde-graad aan uitgesoekte openbare universiteite. Aansoeke sluit op Donderdag, met suksesvolle kandidate wat later hierdie maand aangekondig sal word.
# Rugby: Die Leeus en die Cheetahs hoop om hul Uitdaagbeker-seisoen om te keer wanneer hulle die naweek teen Europese mededingers te staan kom. Die Suid-Afrikaanse spanne het steeds nie ‘n oorwinning behaal ná die eerste twee rondes van die seisoen nie. Die Leeus pak môremiddag die Franse span Lyon in Johannesburg terwyl die Cheetahs Sondag kragte meet met die Ierse span Ulster in Amsterdam, Nederland. Twyfel bestaan egter oor hierdie ontmoeting weens Storm Goretti wat hierdie naweek sneeu in Europa kan veroorsaak.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-54-sent teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 22-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 90-duisend-500-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-471-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 62-dollar-16-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….