Nuus 15:00
BULLETIN 15 Desember 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Presidensie verseker die voortgesette beskerming van getuies en verklikkers voor die Madlanga-kommissie
# ‘n Soektog word van stapel gestuur na die moord op ‘n skoolhoof van Tembisa
# En krieket: Die Protea-vroue kan môre die eendagreeks teen Ierland beklink
# Die Presidensie sê uitgebreide maatreëls duur voort om getuies en verklikkers te beskerm wat voor die Madlanga-kommissie verskyn. Woordvoerder Vincent Magwenya sê ministeriële ontmoetings met die media het ten doel om onnodige blootstelling te voorkom ná die dood van Getuie D, Marius van der Merwe. Magwenya sê hersienings aan getuiebeskerming verseker voortdurende veiligheid. Hy voeg by die Wet op Beskermde Openbaarmaking word op alle regeringsvlakke toegepas:
# Die MK-party het toenemende dreigemente en intimidasie teen sy lede in die KwaZulu-Natalse wetgewer veroordeel, ná ‘n mosie van wantroue teen die premier, Thami Ntuli. Nhlamulo Ndhlela van die MK-party sê IVP-lede se dreigemente het die party aangespoor om ‘n saak van intimidasie en geweld by Hilton se polisiestasie aanhangig te maak. Sy sê die party sit die mosie van wantroue sonder vrees voort en vra die polisie om politieke geweld dringend aan te pak.
# Die Gautengse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur ná die moord op ‘n hoof van ‘n skool in Tembisa. Woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê vier mans, gewapen met ‘n byl, het by die 61-jarige man se huis ingebreek en hom en sy gesin beroof. Sy sê die verdagtes het kontant, skootrekenaars en selfone gesteel:
# Die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het beloof om teen Israel te veg oor sy voortgesette aanvalle in Gaza ondanks die onlangse wapenstilstand. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê Israel teiken die onderwysstelsel in Gaza sedert die oorlog in Oktober 2023 begin het met aanvalle teen universiteite, biblioteke en skole en moorde op onderwysers en studente. Sy sê onderwys kan nie as ‘n oorlogswapen gebruik word nie:
# Krieket: Die Protea-vroue kan môre in Gqeberha die eendagreeks teen Ierland beklink nadat hulle Saterdag die eerste wedstryd in Oos-Londen gewen het. Suné Luus en Miané Smit het Suid-Afrika se aanslag gelei met onoorwonne tellings van onderskeidelik 66 en 56 nadat Nonkululeko Mblaba drie paaltjies laat kantel het. Ierland is beperk tot 209 vir sewe en die Proteas het die wenteiken bereik met slegs drie paaltjies plat en meer as tien boulbeurte oor. Die laaste wedstryd word Vrydag in Johannesburg gespeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-78-sent teen die dollar, 19-rand-72-sent teen die euro en 22-rand-47-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-808-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-339-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 60-dollar-83-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….