Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 Januarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa verwyder die beleërde ekonoom Thabi Leoka van sy Presidensiële Ekonomiese Adviesraad
# Die Gautengse polisie veroordeel die dodelike eiereg-aanval in Tembisa
# En, tennis: Donald Ramphadi van SA is deur na die laaste 16 van die Australiese Ope Rolstoel-enkelspel
# President Cyril Ramaphosa het die beleërde ekonoom, Thabi Leoka, uit sy Presidensiële Ekonomiese Adviesraad verwyder na bewerings dat sy nie oor ‘n doktersgraad beskik soos sy beweer het nie. Sy het vroeër ook bedank uit die raad van MTN SA, Anglo American Platinum en Remgro, maar hou vol sy het haar PhD in Ekonomie behaal aan die London School of Economics in Engeland. Openbare rekords toon slegs sy het in 2004 ʼn Meestersgraad behaal. Na wat berig word, kan sy van meineed aangekla word indien sy nie kan bewys sy het ʼn doktersgraad behaal nie.
# Die Gautengse polisie het uitgevaar teen ‘n voorval van eiereg in Tembisa waarin vyf mense dood is. Volgens berigte het inwoners die mans met klippe doodgegooi. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê mense word gemaan om vermeende misdadige gedrag aan te meld en nie die reg in eie hande te neem nie:
# Die Midvaal-munisipaliteit se burgemeester, Peter Teixeira, bied hulp aan vir studente wat finansiële ondersteuning wil hê vir ʼn naskoolse kwalifikasie. Dit vind plaas deur die Midvaal-burgemeesters-studente-finansiële hulpskema. Teixeira sê registrasie is net van toepassing op openbare instellings en voltydse studente en aansoeke sluit op die 16de van volgende maand:
# Tennis: Suid-Afrika se rolstoelspeler, Donald Ramphadi, is deur na die kwarteindronde van die Australiese Ope in Melbourne, nadat hy die derde gekeurde David Wagner van Amerika met 6-3, 6-4 verslaan het in die eerste ronde van die enkelspel. SABC News berig in die vroue-enkelspel het die Suid-Afrikaner, Kgothatso Montjane, ook deurgedring na die volgende ronde nadat haar vierde-gekeurde teenstander, Mokoko Ohtani van Japan, in die tweede stel handdoek ingegooi het. Montjane was 6-4 en 2-stroop voor toe Ohtani onttrek het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-12-sent teen die dollar, 20-rand-79-sent teen die euro en 24-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 38-duisend-861-dollar-75-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-25-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-34-sent per vat.
# En ten slotte: Prins Andrew se gewese vrou, Sarah Ferguson, het mense bedank vir hulle steun na die onthulling dat sy velkanker het. Die 64-jarige is gediagnoseer slegs ‘n klompie maande na die aankondiging dat sy borskanker het, wat tot ‘n masektomie gelei het. Ferguson sê sy neem tans tyd af vir haarself terwyl sy verdere ondersoeke ondergaan om te verseker die kanker is in ‘n vroeë stadium. Sy deel steeds ‘n herehuis naby Windsor-kasteel met Andrew, van wie sy in 1996 geskei is. Hy het sy koninklike pligte laat vaar na ‘n seksskandaal.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….