Nuus 15:00
BULLETIN 14 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Duisende Malawiërs is steeds gestrand voor hul land se konsulaat in Johannesburg
# Die Anglikaanse bisdom van Kaapstad veroordeel aanvalle teen buitelandse migrante
# En SA Rugby gaan sy kaartjiepryse hersien ná die huidige toetsseisoen
# Duisende Malawiese burgers kamp steeds buite hul land se konsulaat in Woodmead, Johannesburg, waar hulle hoop om terug te keer huis toe te midde van voortdurende spanning gemik op buitelanders. Die internasionale redakteur van The Continent, Simon Allison, sê baie is gedokumenteerde migrante wat uit hul huise in Gauteng en die Vrystaat gevlug het. Hy sê hulporganisasies en vrywilligers voorsien voedsel, gesondheidsorg en vervoerbystand, maar hulpbronne word toenemend uitgeput namate meer mense opdaag.
Intussen het die Anglikaanse Bisdom van Kaapstad uitgevaar teen haatspraak, gewelddadige aanvalle en plundering gemik op buitelandse migrante. Hy sê hul word as sondebokke beskou weens geregverdigde woede oor Suid-Afrika se misdaadkrisis, werkloosheid en dienslewerings-mislukkings. Aartsbiskop Thabo Makgoba vra dialoog met leiers van March and March, Operasie Dudula-Wes-Kaap en ander om die oorsake van spanning en oplossings vir die huidige krisis te identifiseer. Hy sê kerke moet draers van versoening, vrede en geregtigheid binne gemeenskappe word.
# Die burgerlike beweging Soil of Africa het sy steun vir die Grondwet, die oppergesag van die reg en die onafhanklikheid van die regbank herbevestig na Vusimuzi “Cat” Matlala se onttrekking aan ‘n voorgestelde pleit- en vonnisooreenkoms in die Medicare 24-korrupsiesaak. Woordvoerder Luzuko Sofute sê die saak moet deur die normale hofproses verloop. Hy het die publiek versoek om regterlike onafhanklikheid te respekteer en pogings te ondersteun om korrupsie te bestry:
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta vra versterkte samewerking tussen die regering en tradisionele leiers om onwettige inlywing uit te roei. ‘n Verslag deur die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, dui aan 35 seuns is dood in die huidige seisoen en 58 onwettige skole is ontdek. Makaneta sê hulle respekteer tradisionele inlywing as ‘n belangrike kulturele praktyk, maar geen tradisie moet tot sterftes lei nie:
Nou sportnuus:
# SA Rugby het bevestig hy gaan kaartjiepryse deeglik hersien ná die huidige seisoen. Dit volg op kritiek oor die koste om Springbok-wedstryde by te woon. Rugbybase moes kaartjiepryse vir die Bokke se eerste toets van die jaar teen Engeland op Ellispark verlaag ná trae verkope. Die goedkoopste kaartjies se prys is van 950- na 450-rand aangepas. SA Rugby se president, Mark Alexander, sê die doel is om die sport se finansiële volhoubaarheid te balanseer met toeganklikheid vir alle Suid-Afrikaners.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-48-sent teen die dollar, 18-rand-77-sent teen die euro en 22-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-717-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-22-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 85-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….