Nuus 15:00
BULLETIN 17 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mkhwanazi sê sy nuuskonferensie was ‘n gesamentlike poging om uitdagings te ontbloot wat polisie-ondersoeke belemmer
# Suid-Afrika sal plegtig boekhou van die bevindings oor volksmoord in Gaza
# En tennis: Sabalenka onttrek aan die Chinese Ope
# Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het die Madlanga-kommissie van ondersoek meegedeel dat die strafregstelsel heeltemal kan verbrokkel as korrupsie en politieke inmenging nie aandag kry nie. Mkhwanazi, wat eerste getuig, sê sy nuuskonferensie van 6 Julie het die gesamentlike bekommernisse van polisiebeamptes oor sabotasie en wanpraktyke binne die stelsel weerspieël. Hy het ook die ontbinde taakspan oor politieke moorde verdedig en gesê dit het noemenswaardige suksesse behaal ondanks kritiek:
Die DA-lid Lisa Schickerling sê intussen Mkhwanazi se bewerings het die publiek se vertroue geskend. Sy sê die kommissie moet politieke inmenging en misdadige infiltrasie sonder vrees of begunstiging blootlê:
# Suid-Afrika sê hy sal plegtig boekhou van die bevindings van die Verenigde Nasies se onafhanklike internasionale kommissie van ondersoek na die besette Palestynse gebied, insluitend Oos-Jerusalem, en Israel. Die woordvoerder van die Departement Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê die kommissie kom in sy verslag tot die gevolgtrekking dat Israelse owerhede en veiligheidsmagte voortgaan om te moor en steeds maatreëls instel om geboortes te voorkom:
# Tennis: Die wêreld-nommer-een en heersende Amerikaanse Ope-kampioen, Aryna Sabalenka, het weens ‘n ligte besering onttrek aan volgende week se Chinese Ope. Die Belarus het al drie keer die kwarteindronde in Beijing gehaal: in 2018, 2023 en verlede jaar. Met Sabalenka se onttrekking is die wêreld-nommer-twee, Iga Swiatek van Pole, die eerste gekeurde. Ander deelnemers sluit in die verdedigende kampioen, Coco Gauff, nog ʼn Amerikaner, die Wimbledon- en Amerikaanse Ope-naaswenner Amanda Anisimova, die Italianer Jasmine Paolini en die plaaslike gunsteling Qinwen Zheng.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-38-sent teen die dollar, 20-rand-57-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 116-duisend-321-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-665-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-65-sent per vat.
# En laastens, dit is vandag Internasionale Countrymusiek-dag waarop een van die wêreld se gewildste musiekgenres gevier word. Countrymusiek het sy oorsprong in die landelike suide van Amerika en sy wortels is in blues, kerk- en Amerikaanse volksmusiek. Dis ook vandag Hank Williams se verjaarsdag. Hy is een van die invloedrykste countrymusiek-kunstenaars van die 20ste eeu. Sy treffers sluit gewilde liedjies in soos Hey, Good Lookin’ en Your Cheatin’ Heart. Ander gewilde countrymusiek-kunstenaars is Dolly Parton, Tim McGraw, Willie Nelson, Carrie Underwood, Keith Urban en Shania Twain.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….