Nuus 15:00
BULLETIN 15 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Openbare Beskermer ondersoek die Padongelukkefonds se uitvoerende hoof oor ‘n gepantserde BMW van vier-miljoen-rand
# Die MK-party versoek regter Madlanga om die aanvang van die kommissie se verrigtinge op te skort
# En gholf: Retief Goosen wen sy vierde PGA Toer-kampioenskaps-titel
# Die Openbare Beskermer gaan die beleërde uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, ondersoek oor bewerings dat hy oor drie jaar meer as tien-miljoen-rand aan veiligheidsmaatreëls bestee het. Bewerings sluit ook ‘n gepantserde BMW-X5 van vier-miljoen-rand en die indiensneming van nege lyfwagte in. ‘n Verklikker beweer van die wagte beskerm sy gesin. Dit maak van hom die mees beskermde hoof van ‘n staatsonderneming met meer veiligheid as ministers. Letsoalo beweer dit is geregverdig ná dreigemente rakende sy werk teen bedrog, maar die Departement van Vervoer sê geen dreigemente is aangemeld nie.
# Die MK-party vra regter Mbuyiseli Madlanga om die aanvang van sy kommissie se verrigtinge op te skort totdat die Hooggeregshof in Pretoria uitspraak gelewer het oor die kommissie se wettigheid. Die kommissie sal van Woensdag af korrupsiebewerings binne die strafregstelsel ondersoek. MK se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê die party sal die instelling en samestelling van die kommissie Donderdag voor ‘n volbank regters betwis:
# Die hoof van Presidensiële Beskerming, Wally Rhoode, is onskuldig bevind aan wangedrag tydens ‘n polisie-tugsaak. Hy is daarvan beskuldig dat hy onreëlmatig ‘n nie-amptelike ondersoek ingestel het na die Phala Phala-diefstalsaak van 2020 toe tien-miljoen-rand van president Cyril Ramaphosa se wildsplaas in Limpopo gesteel is. Die Openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, het bevind dat hy onregmatig opgetree het, maar die tugkomitee het anders besluit. Rhoode bly Ramaphosa se hoof-lyfwag, terwyl die saak teen die drie beskuldigdes in die diefstal vandag in die Streekhof in Modimolle, Limpopo, voortgaan.
# Eskom sê ladingsvermindering het ietwat afgeneem gedurende die winter-spitstye in die oggend en aand, van ‘n gemiddeld van 544-megawatt in April tot 529-megawatt in Junie. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en Gauteng verteenwoordig sowat 87-persent van die totaal. Sy sê Eskom waardeer die vordering met landswye ladingsvermindering, met ‘n afname van drie-persent gedurende dieselfde tydperk:
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Retief Goosen het die Sanford International op die Minnehaha-buiteklub in Suid-Dakota gewen om sy vierde PGA Toer-kampioenskaps-titel te verower. Die 56-jarige het sy laaste ronde in 67-houe voltooi om twee houe voor die Amerikaner Bo van Pelt te eindig. Goosen se landgenoot, Ernie Els, en Darren Clarke van Noord-Ierland was saam in die derde plek. Goosen, die Amerikaanse Ope-kampioen van 2001 en 2004, sê om teen Els en Van Pelt te speel was iets besonders:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-34-sent teen die dollar, 20-rand-39 teen die euro en 23-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-959-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-644-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-92-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….