Nuus 15:00
BULLETIN 12 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Tshwane waarsku oor watertekort terwyl verbruik vinnig toeneem
# Mashatile belowe sterker staatsondersteuning vir opkomende boere
# En atletiek: Bolt glo hy sou ‘n wêreldrekord van 9,42 sekondes kon opstel met deesdae se super-spykerskoene
# Die Stad Tshwane sê hoë waterverbruik kan veroorsaak dat die metro se voorraad selfs voor die somer kan opdroog. Vlakke in 16 hoofreservoirs verlaag terwyl die vraag perke oorskry. Die stad pomp tans 22-persent meer water as wat toelaatbaar is en verlengde wateronderbrekings mag volg as die gebruik nie afneem nie. Selby Bokaba van die metro moedig inwoners aan om water spaarsaam te gebuik om die voorraad te beskerm:
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering sal sterker ondersteuning vir boere bied en voedselsekerheid versterk. Hy het op NAMPO Kaap 2025 in die Overberg in die Wes-Kaap uitdagings uitgelig soos watertekorte, die gebrek aan befondsing en onvoldoende ondersteuning vir opkomende boere. Mashatile het ook voortgesette gesprekke met Amerika oor tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere bevestig en sê die regering is besig om markte na China, Rusland, Indië en die Midde-Ooste uit te brei:
Die DA sê intussen Mashatile het geen berou getoon oor sy versuim om ‘n volledige belangeverklaring aan die Nasionale Raad van Provinsies te voorsien nie, ondanks ‘n boete deur die Parlement se gesamentlike Etiekkomitee. Die DA-lid, Dennis Ryder, sê ondanks die skulderkenning toe hy die boete betaal het, skram Mashatile weg van die saak en toon geen berou nie:
# Atletiek: Usain Bolt glo hy sou die 100-meter in 9,42 sekondes kon afblits in die super-spykerskoene wat deesdae gebruik word. Die Jamaikaan het die wêreldrekord van 9,58 sekondes in 2009 opgestel op die wêreldkampioenskap in Berlyn, Duitsland, en ook die wêreldrekord van 19,19-sekondes in die 200-meter op dieselfde byeenkoms. Albei staan steeds. Bolt stem saam met Puma, wat sy hardloopskoene verskaf het, wat deur navorsing bevind het hy sou ‘n nuwe wêreldrekord kon opstel in hulle nuwe koolstof-spykerskoene.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-36-sent teen die dollar, 20-rand-36 teen die euro en 23-rand-53-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-972-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-650-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-1-sent per vat.
# En laastens, die eerste Suid-Afrikaanse Modetoekennings wat die vierde van volgende maand in Sandton, Johannesburg, aangebied word, kondig die aankoms van die Wêreldmodetoekennings in Afrika aan. Die legendariese ontwerper David Tlale ontvang ‘n lewensprestasie-toekenning, terwyl Laduma Ngxokolo vereer word vir sy wêreldwye bydrae tot mode. Thebe Magugu, Rich Mnisi en Bonang Matheba tel onder die benoemdes. Daar kan nou gestem word en die opbrengs sal na die Diamant-kinderstigting gaan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….