Nuus 15:00
BULLETIN 11 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die dodetal styg tot vyf na ‘n taxi in ‘n kleuterskool vasry in Pietermaritzburg
# OPOD keer die moordbeskuldigde Mandla Buthelezi aan vir ‘n borgtogoortreding
# En Trump beskuldig radikale linkses van die sluipmoord op sy bondgenoot Charlie Kirk
# Die dodetal het tot vyf gestyg nadat ‘n taxi vanoggend in Imbali, Pietermaritzburg, teen ‘n kleuterskool vasgejaag het. Meer as tien kinders is beseer. Die bestuurder van die taxi het leerders van verskeie plaaslike skole vervoer, en het beheer verloor op ‘n draai voordat die voertuig teen ‘n boom gebots en op die skoolterrein omgeslaan het. Die woordvoerder van die provinsiale Onderwysdepartement, Muzi Mahlambi, sê sielkundige ondersteuning is gereël vir gesinne, skole en die gemeenskap:
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het die vermeende moordenaar van die Gautengse misdaad-bewaarder Chesney Keppler, die polisieman Mandla Buthelezi, weer in hegtenis geneem. Keppler is in Desember vermoor. OPOD se woordvoerder, Lizzy Suping, sê Buthelezi is in die Hooggeregshof in Johannesburg aangekeer vir vermeende intimidasie. Sy bevestig dat hy by die Moroka-polisiekantoor aangehou sal word tot sy volgende hofverskyning:
# Die regering bepleit kalmte te midde van betogings in Westbury en Coronationville in Johannesburg oor voortdurende uitdagings met watervoorsiening. Hy sê Johannesburg Water werk daaraan om onmiddellike verligtingsmaatreëls in te stel en finaliseer ook die nuwe Brixton-reservoir en -toring, wat na verwagting teen die einde van volgende maand voltooi sal wees. Die woordvoerder, William Baloyi, het inwoners versoek om vreedsaam te betoog:
Nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, beskuldig radikale linkses nadat sy bondgenoot, Charlie Kirk, doodgeskiet is in wat hy beskryf as ‘n gruwelike sluipmoord. Trump sê in ‘n aanlyn video uit die Ovaalkantoor Kirk was ‘n patriot wat sy lewe aan die beginsel van oop debat gewy het. Hy sê die radikale linkses vergelyk reeds jare lank Amerikaners soos Kirk met Nazi’s en die wêreld se ergste massamoordenaars. Die polisie het nog nie ‘n verdagte aangekeer nie en die motief vir die moord is onbekend.
# Sokker: Die Egiptiese voorspeler Omar Marmoush gaan Sondag se Manchester-derby misloop. Die speler van Manchester City het ‘n knie-ligament beseer tydens ‘n internasionale wedstryd. Hy is Dinsdag vervang in die vierde minuut van Egipte se doellose gelykopstryd teen Burkina Faso in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder. City is Sondag gasheer vir Manchester United, met albei spanne wat ‘n oorwinning moet kry na ‘n onoortuigende begin van die nuwe Premierliga-seisoen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-53-sent teen die dollar, 20-rand-48 teen die euro en 23-rand-69-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-960-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-619-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-63-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….