Nuus 15:00
BULLETIN 4 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Kommissie sê die Johannesburgse behuisingskrisis word veroorsaak deur armoede en ‘n gebrek aan goedkoop behuising
# Openbare vertroue in die regering daal tot voorverkiesings-vlakke ondanks aanvanklike optimisme
# En die Thabo Mbeki-stigting bied die Afrika Vrede- en Veiligheids-dialoog aan
# Die kommissie van ondersoek na die brand in die Usindiso-gebou sê Johannesburg se behuisingskrisis word veroorsaak deur armoede en te min bekostigbare behuising, nie net gekaapte geboue nie. Minstens 77 mense het in 2023 in die brand gesterf. Die kommissie, onder leiding van regter Sisi Khampepe, het 110 eiendomme ondersoek en bevind byna 80-persent hou ernstige brandgevare in. Die meeste is sonder water, elektrisiteit en sanitasie. Die kommissie beskuldig die stad dat hy nie behuising voorsien nie en toelaat dat meer as 30-duisend huishoudings in onveilige toestande leef.
# ‘n Nuwe Ipsos-peiling toon agt uit tien Suid-Afrikaners glo die land beweeg in die verkeerde rigting, ondanks aanvanklike optimisme nadat die regering van nasionale eenheid verlede jaar gevorm is. Twee-en-veertig-persent sê RNE-partye werk goed saam, maar bykans ses uit tien is ontevrede oor munisipale dienste, veral in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Meer as die helfte van Suid-Afrikaners ondersteun samewerking tussen partye in plaaslike regering, wat aandui kiesers kan voorkeur gee aan partye wat gesamentlik regeer in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing.
# Die onderwysersvakbond SADOU glo die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, is steeds gekant teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette en wil dit wysig deur middel van regulasies. Woordvoerder Nomusa Cembi sê die konsepregulasies kan nie gebruik word om die teks van die wet te verander, vereistes te stel waarvoor die wet nie voorsiening maak nie, of die doel en doeleindes van die bepalings daarvan te ondermyn nie:
# Atletiek: Die Universiteit van die Vrystaat sê hy vier met trots die insluiting van verskeie Kovsie-atlete en oudstudente in Suid-Afrika se span vir die Wêreldkampioenskap in Japan. Mthi Mthimkulu, wat tans aan die unversiteit studeer, verteenwoordig die Kovsie Atletiekklub, saam met Miné de Klerk en Wayde van Niekerk. Die voormalige Kovsie-atlete Colette Uys en Victor Hogan het ook hul plek in die nasionale span losgeslaan. Die span bestaan uit 49 atlete plus vier aflosspanne.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-78-sent teen die dollar, 20-rand-70-sent teen die euro en 23-rand-89-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 110-duisend-935-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-537-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-71-sent per vat.
# En laastens: Die Thabo Mbeki-stigting bied hierdie week sy tweede Afrika Vrede- en Veiligheidsdialoog in Magaliesburg, Gauteng, aan. Die organiseerders sê vertragings met visums van bykans helfte van die 175 genooide gaste kan bywoning ontwrig, maar die dialoog sal voortgaan. Die uitvoerende hoof van die stiging, Max Boqwana, het aan SABC News gesê die vierdaagse forum bring Afrika-leiers en ontleders bymekaar om oplossings te vind vir konflikte in Afrika, insluitend in die Demokratiese Republiek die Kongo:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….