Nuus 15:00
BULLETIN 30 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Staatsampatenare vra dringende optrede te midde van met krisisse in munisipaliteite en staatsondernemings
# Honderde gesinne word ontwortel weens ‘n nuwe vlaag Israelse lugaanvalle op Gaza
# En rugby: Vier All Blacks is ingesluit in die gesamentlike Australies-Nieu-Seelandse span wat teen die Leeus gaan speel
# Die Vereniging van Staatsamptenare sy hy is besorg deur Suid-Afrika se verswakkende finansiële gesondheid weens die verkrummelende toestand van munisipaliteite en staatsondernemings. Die vakbond sê die Reserwebank se onlangse Finansiële Bestendigheidsoorsig dui die erns van die situasie aan, met regeringskuld wat tot bykans 80-persent van die bruto binnelandse produk sal styg, wat ‘n resep vir ‘n ramp is. Claude Naiker van die vakbond moedig die regering aan om sterk finansiële bestuurspraktyke in te stel:
‘n Senior ekonoom van FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê intussen die FNB/Buro vir Ekonomiese Navorsing se vertroue-aanwyser vir siviele kontrakteurs het die derde agtereenvolgende kwartaal gedaal tot die vlak van 41 in die tweede kwartaal van vanjaar, teenoor 45 in die eerste kwartaal. Hy sê dit toon aan dat byna 60-persent van deelnemers ontevrede is met die huidige sake-omgewing. Mkhwanazi sê sake-sentiment was laer ondanks ‘n verhoging in boubedrywighede:
# Die president van die studente-organisasie Sasco, Alungile Kamtshe, sê die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, het versuim om die departement se basiese verantwoordelikhede na te kom. Sasco het die ministerie, die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid op ‘n nuuskonferensie bespreek. Kamtshe sê die huidige studentekwessie is regstreeks as gevolg van swak bestuur:
# Israel het ‘n vlaag lugaanvalle reg oor die Gazastrook geloods, wat die massa-ontworteling van honderde Palestynse gesinne tot gevolg gehad het. Die BBC berig dat reddingspanne die liggame van vyf mense herwin het, terwyl duisende beseerde burgerlikes na die Al-Ahli-Hospitaal in Gazastad ontruim is. Die bomaanvalle volg op een van die grootste ontruimingsbevele sedert die oorlog in Maart hervat is. Dit volg op verergerende druk op die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, om te fokus op pogings om ‘n wapenstilstand te bewerkstellig.
# Rugby: David Havili en Shannon Frizell is onder die vier All Blacks in die Australies-Nieu-Seelandse vyftiental wat teen die Britse en Ierse Leeus gaan speel. Shaun Stevenson en Folau Fakatava is die ander twee wat ingesluit is by die groep wat Andy Farrell se span op 12 Julie in Adelaide pak. Die span word afgerig deur Les Kiss, wat Joe Schmidt volgende jaar opvolg as breier van die Wallabies. Kiss rig ook die Super Rugby-span Queensland Reds af wat Woensdag in Brisbane teen die Leeus speel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-80-sent teen die dollar, 20-rand-83-sent teen die euro en 24-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-856-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-276-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-64-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….