Nuus 15:00
BULLETIN 21 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Drie mense kry lewenslank vir ‘n plaasmoord in Limpopo
# Minister Hlabisa bepleit gesamentlike optrede om plaaslike regering reg te ruk
# En Rusland veroordeel Amerikaanse aanvalle op Iran
# Die Hooggeregshof in Polokwane, Limpopo, het Malesela Mangena, Velly Segwale en Lesiba Segwale tot lewenslange tronkstraf gevonnis ná ‘n gewelddadige plaasroof in 2022 waarin Nicolaas Janse van Rensburg dood is. Hulle is ook tot 42-jaar tronkstraf gevonnis vir verwante oortredings en is ongeskik verklaar om vuurwapens te besit. Mashudu Malabi-Dzhangi van die Nasionale Vervolgingsgesag sê hulle is verbind tot geregtigheid vir slagoffers van geweld:
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, vra gesamentlike pogings om Suid-Afrika se sukkelende plaaslike regerings te hervorm. Hlabisa het tydens die hersiening van 1998 se witskrif oor Plaaslike Regering in Midrand die behoefte beklemtoon aan inklusiewe, pasgemaakte hervormings om dienslewerings-mislukkings en swak finansiële bestuur aan te pak. Hy waarsku onderpresterende munisipaliteite dit is onaanvaarbaar om nie die toegekende fondse te bestee nie en bepleit dat die huidige algemene benadering na ‘n spesifieke bestuursoplossing verander word:
# Die Internasonale Finansiële Korporasie sê die vordering met kragopwekking in Afrika is bemoedigend. Altesaam 26-gigawatt hernubare energie is die afgelope tien jaar op die vasteland bygevoeg. Die korporasie steun Suid-Afrika se hervormings om die energiesektor vir meer beleggings oop te stel. Die liggaam se streeksnywerheids-direkteur, Sarvesh Suri, sê hulle werk saam met die Nasionale Tesourie, die Departement Elektrisiteit- en Energie en die Nasionale Transmissiemaatskappy om die land se eerste onafhanklike transmissieprojek van stapel te stuur, met verkryging wat vir volgende jaar beplan word.
# Rusland sê hy veroordeel en betreur die naweek se Amerikaanse aanvalle op Iranse kern-aanlegte. Die Russiese president, Vladimir Putin, is van plan om Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, in Moskou te ontmoet. Israel voer intussen ongehoorde aanvalle uit op wat beskryf word as agentskappe van regeringsonderdrukking in die Iranse hoofstad, Teheran. Die Europese Unie se top-diplomaat, Kaja Kallas, waarsku ook dit sal uiters gevaarlik wees indien Iran die belangrike handelsroete deur die Straat van Hormuz sluit weens die aanvalle. Ongeveer 20-persent van die wêreld se olie gaan deur hierdie seeroete.
# Nou sportnuus: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê al vier die beloftes wat hy in sy ampstermyn gemaak het, sal steeds nagekom word. McKenzie het beloof dat Formule Een na Suid-Afrika sal terugkeer, video-assistent-skeidsregters in sokker ingestel sal word, Bloemfontein Celtic se sokkerspan sal terugkeer, en befondsing vir die vermaaklikheidsektor beskikbaar gestel sal word:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-14-sent teen die dollar, 20-rand-80-sent teen die euro en 24-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 101-duisend-284-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-377-dollar-88-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 76-dollar-55-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….