Nuus 15:00
BULLETIN 14 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Versoek dat die regterlike ondersoek na die polisie vertragings soos met die Zondo-kommissie moet vermy
# Daar is nog nie ‘n spesifieke datum vir ‘n vergadering met Amerika oor Iran se kernprogram nie
# En tennis: Iga Swiatek skuif op na derde op die wêreldranglys na sy Wimbledon wen
# Business Leadership SA sê die nuwe kommissie wat die beweerde politieke inmenging in polisie-ondersoeke moet ondersoek, moet die vertragings en gebrek aan optrede vermy wat met ondersoeke soos die Zondo-kommissie na staatskaping gesien is. Die organisasie verwelkom die aanstelling van waarnemende hoofregter Mbuyiseli Madlanga om die proses te lei, maar waarsku dat sterk ondersteuning, behoorlike hulpbronne en vinnige optrede benodig word. Hy sê diegene wat wetstoepassing ondermyn, moet geskors word, en die kommissie se bevindings moet tot daadwerlike gevolge lei.
# Die DA vra die minister van Handel, Parks Tau, om TSU International se ondersoekverslag oor beweerde wanbestuur en korrupsie by die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde vry te stel. Die verslag na aanleiding van bewerings wat verklikkers verlede jaar geopper het, moes reeds in Junie uitgereik word. Toby Chance van die DA sê die SABS is onbestendig en sedert 2018 steeds sonder ‘n permanente uitvoerende hoof. Hy vra duidelike gevolgsbestuur met betrekking tot die gewapende koperkabelroof by sy nasionale elektriese toetsperseel, sowel as wanbestuur en korrupsie:
# Suid-Afrika bied van vandag tot Vrydag die tweede vergadering van die G20-omgewings- en klimaatvolhoubaarheidswerkgroep in die Krugerwildtuin aan. Meer as 250 afgevaardigdes van G20-lande sal bioverskeidenheid, klimaatsverandering, afval en oseaankwessies bespreek. Die minister van die Omgewing, Dion George, sal die Renoster-renaissance-veldtog bekendstel en ‘n boomplantseremonie lei ter bevordering van Suid-Afrika se doelwit om tien-miljoen bome te plant as deel van die Nasionale Vergroeningsprogram. Die geleentheid sluit ook die onthoring van ‘n renoster in. Minister George sê die bevordering van globale samewerking vir omgewingsvolhoubaarheid is noodsaaklik:
Nou nuus uit die buiteland:
# Iran sê daar is geen spesifieke datum vir ‘n vergadering met Amerika oor Teheran se kernprogram nie, nadat ‘n oorlog met Israel die onderhandelings laat ontspoor het. Iran het met Amerika onderhandel voor Israel verlede maand sy kernaanlegte begin teiken het. Die VSA het sy eie aanvalle op Iran se kernprogram afgevuur, met die uraanverrykingsaanleg by Fordo suid van Teheran, asook die kernaanlegte in Isfahan en Natanz, wat gebombardeer is. Die omvang van die skade ná die aanvalle is steeds nie bekend nie.
# Tennis: Iga Swiatek van Pole het tot derde op die wêreldranglys verbeter nadat sy Saterdag haar eerste Wimbledon-titel en sesde Grand Slam-kroon ingepalm het. Aryna Sabalenka van Belarus bly eerste nadat sy in die halfeindronde teen Amanda Anisimova verloor het. Die Amerikaner het met vyf plekke tot sewende verbeter. Die Amerikaner Coco Gauff is steeds tweede en haar landgenoot Jessica Pegula vierde, gevolg deur die Russiese tiener Mirra Andreeva en Qinwen Zheng van China. Die Amerikaner Madison Keys, die Italianer Jasmine Paolini en die Spanjaard Paula Badosa voltooi die toptien.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-86-sent teen die dollar, 20-rand-89-sent teen die euro en 24-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 121-duisend-523-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-369-dollar-78-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 70-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….