Nuus 15:00
BULLETIN 3 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika se ekonomie groei teen slegs 0,1% met landbou wat tot die redding kom
# Sadtu verwelkom die hervatting van die Opvoedkundige Assistentprogram in skole
# En, Redisa verwelkom die terugtrekking van die Nywerheidbestuursplan vir Afvalbande
# Suid-Afrika se ekonomie het met slegs 0,1-persent in die eerste drie maande van die jaar gegroei. Die landbousektor, met ‘n groei van byna 16-persent danksy goeie reën, was die hoofdryfveer en het gehelp om ‘n inkrimping in die bruto binnelandse produk te vermy. Mynbou en vervaardiging het die ekonomie egter afgetrek, met dalings in sleutelprodukte soos platinum en chemikalieë. Bokang Vumbukani-Lepolesa van Statistieke SA sê die terugkeer van beurtkrag het bygedra tot ‘n skerp daling in elektrisiteitsproduksie:
# Die onderwysvakbond SADTU het die 200-duisend jongmense wat gister as onderwysassistente en algemene skool-assistente begin werk het by 20 000 skole landwyd, verwelkom. ‘n Woordvoerder vir Sadtu, Nomusa Cembi, sê dit vorm deel van die Basiese Onderwys Indiensneming-inisiatief, ‘n vlagskipprogram van die presidensiële indiensnemingstimiluspakket. Volgens Cembi sal die hervatting van die program welkome verligting bied vir onderwysers, veral diegene wat oorvol klaskamers saam met baie administratiewe druk moet hanteer.
# Die Herwinnings- en Ekonomiese Ontwikkelingsinisiatief van Suid-Afrika, Redisa, het die terugtrekking van die goedkeuring van die Nywerheidsafvalbandbestuursplan verwelkom. Die minister van Bosbou, Visserye en Omgewing, Dion George, het die goedkeuring teruggetrek om ‘n omvattende hersiening te verseker. Redisa sê die land produseer ten minste 253-duisend-ton afvalbande per jaar, wat wanbestuur word deur die afvalburo onder die departement. Hy sê die bedreiging wat die besonderse giftige aard van afvalbandbesoedeling vir openbare gesondheid inhou, is ‘n groot bron van kommer.
# Volgens die Withuis sal die Amerikaanse president Donald Trump en China se president Xi Jinping waarskynlik later hierdie week hulle langverwagte telefoniese gesprek voer, met handelsspanning tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë wat toeneem. Trump het verlede week verdere spanning met China aangewakker toe hy die wêreld se tweede grootste ekonomie beskuldig het van die oortreding van ‘n ooreenkoms waarin beide lande tydelik hulle enorme tariewe verminder het. Trump en Xi het meer as vyf maande sedert Trump weer aan bewind is, nog geen bevestigde kontak gehad nie.
# Krieket: Dis eindstryd-dag met Virat Kohli se Royal Challengers Bengaluru en Punjab Kings wat mekaar in die Indiese Premierliga in Ahmedabad se Narendra Modi-stadion van 4-uur af pak. Die twee spanne het in die eerste kwalifiseringswedstryd kragte gemeet en RCB het Punjab maklik met agt paaltjies geklop. Die span onder leiding van Shreyas Iyer het egter sedertdien die vyfmalige kampioene Mumbai Indians in die tweede kwalifiseringswedstryd geklop om ‘n eindstryd teen RCB te verdien. Kohli het nog nooit die IPL gewen nie, maar hierdie keer is sy span die gunstelinge.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-89-sent teen die dollar, 20-rand-37-sent teen die euro en 24-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-281-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-356-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 64-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….