Nuus 15:00
BULLETIN 30 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Tolashe verwelkom die lewenslange vonnisse in die Joshlin Smith-saak
# Rand Water voltooi sy instandhouding by die Amanzimtoti Pompstel 5
# En, die Kabinet keur ‘n nuwe wetsontwerp oor indiensneming van buitelandse burgers goed
# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, verwelkom die lewenslange vonnisse vir Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn vir mensehandel en ontvoering van die sesjarige Joslin Smith. Die drie se name sal in die Kinderbeskermingsregister aangeteken word soos die Wes-Kaapse Hooggeregshof bepaal het. Die departement se woordvoerder, Bathembu Futshane, sê die vonnisoplegging, tydens Kinderbeskermingsmaand, benadruk ‘n dringende behoefte aan die versterking van kinderveiligheidstelsels:
# Rand Water sê instandhoudingswerk gaan voort sonder groot ontwrigtings en dit sal, soos beplan, teen Maandag klaar wees. ‘n Woordvoerder, Makenosi Maroo, sê Rand Water het Donderdag begin met sy beplande instandhouding van infrastruktuur om hul netwerk se betroubaarheid en doeltreffendheid te verbeter en pompkapasiteit is verminder by die Eikenhof-, Palmiet-, Mapleton- en Zwartkopjes-stelsels. Maroo doen ‘n beroep op inwoners in die geraakte munisipaliteite om water spaarsamig te gebruik aangesien krane in verskeie gebiede leegloop:
# Die Kabinet het die Wysigingswetsontwerp op Indiensneming en die Witskrif oor die Nasionale Arbeidsmigrasiebeleid goedgekeur. Hierdie wetsontwerp bepaal kwotas vir die indiensneming van buitelandse burgers in sektore soos landbou, gasvryheid en konstruksie. Die beleid het ten doel om plaaslike toegang tot werk te bevorder en nie-amptelike indiensneming te beperk. Arbeidsagente kan waarskynlik ook strenger beheermaatreëls te wagte wees. Die minister van Arbeid sal sektor-kwotas instel en vaardighede wat skaars is, sal deur raadpleging bepaal word om Suid-Afrika se werksmag te bou.
# ‘n Meksikaanse staat wat geteister word deur dwelmverwante geweld het ‘n vloot Tesla Kuber-bakkies ingespan om die strate te patrolleer. Jalisco in die weste van die land, is die vesting van die Jalisco New Generation-kartel, een van Mexiko se magtigste dwelmsmokkelgroepe wat deur die Amerikaanse president Donald Trump as ‘n terroriste-organisasie bestempel is. Die futuristiese, skilpadvormige voertuie is deel van ‘n belegging om meer as 690 nuwe voertuie, insluitend 200 motorfietse, te koop. Die staatshoofstad Guadalajara sal vier wedstryde in die 2026 Wêreldbekertoernooi aanbied en sekerheid is ‘n prioriteit vir Jalisco-owerhede.
# Sokker: Die Egiptiese klub Al Ahly het die gewese baas van Orlando Pirates, José Riveiro, as sy nuwe hoofafrigter aangestel. Die Spanjaard het toestemming gekry om sy kontrak met die Buccaneers vroeg te beïndig en hy is daar weg met 80 oorwinnings, 26 gelykopwedstryde en 26 verloorwedstryde uit ‘n totaal van 132 wedstryde. Riveiro word sommer dadelik in ‘n moeilike situasie geplaas met die FIFA-wêreldbeker wat op 14 Junie in Amerika begin. Al Ahly is Afrika se suksesvolste klub en speel in groep A saam met Inter Miami, Palmeiras en FC Porto.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-89-sent teen die dollar, 20-rand-28-sent teen die euro en 24-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 105-duisend-873-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-290-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 63-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….