Nuus 15:00
BULLETIN 23 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Konstitusionele Hof verwerp Mkhwebane se appèl oor haar geweierde gratifikasie van 10-miljoen-rand
# Die minister van Polisie stel nuwe forensiese laboratoriums bekend om die agterstand te verminder
# En meer rolprentsterre onderteken ‘n ope brief wat die beweerde volksmoord in Gaza veroordeel
# Die Konstitusionele Hof het die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se aansoek van die hand gewys om regstreeks daarheen te appelleer oor die weiering om haar gratifikasie van tien-miljoen-rand uit te betaal. News24 berig Mkhwebane beweer sy het gely as gevolg van die weiering, maar die hof het geen gronde vir ‘n regstreekse appèlaansoek gevind nie. Hoofregter Mandisa Maya en die ander regters het die aansoek eenparig van die hand gewys sonder om koste toe te ken. Mkhwebane het gesê haar aansoek moes in belang van geregtigheid aangehoor word.
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê nuwe forensiese laboratoriums sal in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Vrystaat gebou word. Dit sal help om DNS-toetse te bespoedig en toksikologiese agterstande te verminder. Mchunu het aan die media gesê die nuwe geriewe sal die polisie se vermoë vergroot om bewyse vinniger te verwerk, die regstelsel te verbeter en misdaad doeltreffender te bekamp:
# Die Franse aktrise Catherine Deneuve het by meer as 900 bekendes aangesluit wat ‘n ope brief onderteken het waarin hulle die beweerde volksmoord in Gaza veroordeel. Dit het begin sirkuleer voor die Cannes-rolprentfees. Ander ondertekenaars sluit in die ster van “Schindler’s List”, Ralph Fiennes, Juliette Binoche, Jonathan Glazer, Richard Gere, Susan Sarandon, Pedro Almodóvar en Mark Ruffalo. Die veldtog genaamd “Kunstenaars vir Fatem”, is aangevuur deur die moord op die Palestynse fotojoernalis Fatima “Fatem” Hassouna, wat die onderwerp was van ‘n dokumentêr wat in Cannes bekend gestel is.
# Tennis: Die wêreld se voorste twee spelers, Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz, sal die jongste top-gekeurde spelers in ‘n Grand Slam-toernooi in byna twee dekades wees wanneer die Franse Ope Sondag in Parys begin. Die Switserse meester Roger Federer was 25 en Alcaraz se landgenoot, Rafael Nadal, 20 toe hulle in 2006 die eerste- en tweede-gekeurde spelers in die Amerikaanse Ope was. Sinner is 23 en Alcaraz 22. Hulle keuring beteken hulle sal mekaar nie voor die eindstryd op Roland Garros teëkom nie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-31-sent teen die euro en 24-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 110-duisend-751-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-327-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-96-sent per vat.
# En laastens, oudpresident Thabo Mbeki is hierdie naweek in Tanzanië vir die jaarlikse Afrikadag-lesing in Dar-es-Salaam. Die geleentheid vier Afrikadag en vereer gevalle vryheidsvegters. Vanjaar se lesing fokus op Afrika se selfbeskikking en die blou ekonomie as kritiek vir die toekoms van die vasteland. Mbeki het die Tuin van Herinnering in Morogoro besoek en hulde gebring aan die pionierjoernalis, vertaler en komponis van geestelike liedere, Tiyo Soga:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….