Nuus 15:00
BULLETIN 21 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Instituut vir Globale Dialoog sien die vergadering tussen Ramaphosa en Trump as ‘n geleentheid om verhoudings te verbeter
# Trump en China is gewikkel in ‘n woordestryd oor sy Golden Dome-missielafweerstelsel
# En sokker: Die Europese Unie en CAF sluit ‘n ooreenkoms om die sport in Afrika se skole te verbeter
# ‘n Senior navorser van die Instituut vir Globale Dialoog, Mikatekiso Kubayi, sê vandag se ontmoeting tussen president Cyril Ramaphosa en sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, is ‘n belangrike geleentheid om bilaterale betrekkinge te evalueer en te verbeter. Kubayi het teenoor Newzroom Afrika die noodsaaklikheid beklemtoon om doeltreffende aspekte van die vennootskap te identifiseer en handel en ekonomiese samewerking te herevalueer. Hy beklemtoon die belangrikheid van hierdie dialoog om wedersydse begrip te bevorder en gedeelde belange tussen die twee lande te bevorder:
Die African Transformation Movement het Ramaphosa en sy administrasie intussen gemaan on nie wette te ontduik ten einde Elon Musk se Starlink en Tesla in die land te verwelkom nie. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê nie Musk of enige ander miljardêr het die reg om landswette te oortree nie. Hy sê hulle is nie teen beleggings gekant nie, maar enige ooreenkoms moet Suid-Afrika se soewereiniteit eerbiedig:
Trump het intussen nuwe besonderhede en aanvanklike befondsing vir sy Golden Dome-missielafweerstelsel aangekondig, met sy geopolitieke mededinger China wat Washington daarvan beskuldig dat hy globale bestendigheid ondermyn. Trump het aangekondig daar is 447-miljard-rand vir die projek opsy gesit, wat hy gesê het uiteindelik altesaam drie-duisend-miljard-rand kan kos en binne ongeveer drie-jaar in werking sal wees. Beijing het Golden Dome as ‘n bedreiging vir internasionale veiligheid veroordeel en beskuldig Amerika daarvan dat hy ‘n wapenwedloop aanvuur.
# Sokker: Die kommissaris van die Europese Unie en die president van Afrika se beheerliggaam, Patrice Motsepe, het ‘n ooreenkoms van miljoene euro gesluit om die CAF Afrika-skolesokkerkampioenskap te verbeter. Dit is gemik op die ontwikkeling van jeugsokker reg oor Afrika, met die Motsepe-stigting wat 179- miljoen-rand in prysgeld bydra. Motsepe sê die vennootskap is bedoel om infrastruktuur te verbeter en opvoedkundige geleenthede vir jong spelers te bied, wat talent en eenheid reg oor die vasteland sal bevorder:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-87-sent teen die dollar, 20-rand-26-sent teen die euro en 23-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 106-duisend-550-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-309-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-36-sent per vat.
# En laastens, Johannesburg het Kaapstad verbygesteek as Suid-Afrika se beste plek om nuwe ondernemings te begin. Volgens StartupBlink se 2025-aanwyser vir nuwe ekostelsels wêreldwyd het Johannesburg 17 plekke geklim tot nommer 122 met ‘n groeikoers van meer as 42-persent, terwyl Kaapstad gedaal het tot die 138ste plek met groei van 13-persent. Suid-Afrika is wêreldwyd 52ste, maar eerste in Afrika. Die land se beginner-ekostelsels het in 2024 sowat 8,2-miljard-rand se fondse ontvang. Suid-Afrika se beste nywerheid is opvoedkundige tegnologie wat 35ste in die wêreld is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….