Nuus 15:00
BULLETIN 2 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Kelly Smith en mede-aangeklaagdes skuldig bevind in Joslin Smith-saak
# Kaapstad vra regering om in te gryp by Amerikaanse tariewe wat bootbouery bedreig
# En, staatsdiensvakbond waarsku oor werksverliese en stelsel-ineenstorting as Binnelandse Sake vir SITA los
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Saldanhabaai het Kelly Smith, haar kêrel Jacquen Appollis, en vriend Steveno van Rhyn skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel in die saak oor die verdwyning van Joslin Smith. Joslin het op 19 Februarie verlede jaar uit haar huis in Middelpos verdwyn. Regter Nathan Erasmus het beslis die staat het sy saak bo redelike twyfel bewys. Erasmus moet nog ‘n datum vir vonnisoplegging aankondig:
# Die Stad Kaapstad het aan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, geskryf en kommer uitgespreek oor die aansienlike tariewe wat Amerika wil instel op bote wat van Suid-Afrika ingevoer word. Volgens die nuwe tariefstruktuur van die Trump-era kan tariewe van tot 30-persent gehef word op bote uit verskeie lande. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die voorgestelde tariewe bedreig die bestaan van ‘n bedryf wat meer as drie-duisend regstreekse werksgeleenthede ondersteun:
# Die Vereniging vir Staatsamptenare doen ‘n beroep op dringende interregeringsdialoog om te verhoed dat die Departement van Binnelandse Sake van die Staatsinligtingstegnologie-agentskap skei. Die vakbond voer aan dat die skeuring dreig om staatskapasiteit en openbare dienslewering te verswak en dring daarop aan dat die departement probleme deur bestaande kanale oplos. Die vereniging se Claude Naiker waarsku dat die verbreking van bande kan lei tot inkomsteverliese, werksonsekerheid en groter afhanklikheid van duur privaat kontrakteurs.
# Indië se Nasionale Menseregtekommissie ondersoek berigte dat meer as 100 kinders siek geword het nadat hulle ‘n skoolmiddagete geëet het wat na bewering deur ‘n dooie slang in Mokama, Bihar, besmet is. Die kok het na bewering die slang verwyder, maar steeds die maaltyd aan ongeveer 500 leerders bedien. Verskeie kinders is in die hospitaal opgeneem, wat woedende protes van ouers en dorpenaars ontlok het. Die kommissie het ‘n gedetailleerde verslag binne twee weke geëis en sy kommer oor moontlike ernstige menseregte-skendings uitgespreek.
# Rugby: Die premier van eie Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, doen ’n beroep op gemeenskappe om in groot getalle op te daag om die Rugbykampioenskap se Onder-20-toernooi in die Nelson Mandelabaai-metro te ondersteun. Mabuyane sê die Junior Springbokke sal op Oos-Kaapse bodem in internasionale wedstryde in hierdie gesogte toernooi speel, waar hulle teen die toekomstige sterre van Argentinië, Australië en Nieu-Seeland sal meeding:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-37-sent teen die dollar, 20-rand-85-sent teen die euro en 24-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-995-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-267-dollar-33-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-44-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….