Nuus 15:00
BULLETIN 29 April 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Creecy prys die beduidende afname in Paasnaweek-padsterftes
# SANParke maan publiek om sluiting van stap- en bergfietsroetes op Tafelberg te gehoorsaam
# En, EFF versoek die afstel van Woensdag se Staande Komitee-vergadering oor tariewe
# Minister van Vervoer, Barbara Creecy sê Suid-Afrika het die laagste aantal padsterftes in drie jaar gedurende die Paasnaweek aangeteken. Botsings het met 32,5-persent verminder en sterftes het met 45,6-persent gedaal in vergelyking met 2024. Creecy skryf die sukses toe aan vroeë beplanning, sigbare verkeerspatrollering, en vennootskappe tussen die gemeenskap en die regering. Meer as 177-duisend voertuie is nagegaan en 941 bestuurders is vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Sy het bevestig dat, behalwe in Mpumalanga en die Oos-Kaap. het ongelukke in die provinsies afgeneem:
# SANparke vra die publiek om die sluiting van stap- en bergfietsroetes streng te gehoorsaam en die Silvermine-, Tokai- en Boyes-rylaan-gebiede van die Tafelberg Nasionale Park te vermy. SANParke sê hy gaan voort om veldbrande in samewerking met sy strategiese vennote te bestry en opvlammings te monitor. Woordvoerder JP Louw sê nog ‘n opvlamming het in die vroeë oggendure op Chapman’s Peak voorgekom en brand in die rigting van Houtbaai:
# Die EFF het aan die voorsitter van die Staande Komitee vir Finansies, Joseph Maswanganyi, geskryf oor die onwettigheid om voort te gaan met die deurvoer van die Wetsontwerp op Tariewe en Monetêre Bedrae en Wysiging van Inkomstewette wat vir môre geskeduleer is. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die 2025 Fiskale Raamwerk en Inkomstevoorstelle tersyde gestel, en minister van Finansies, Enoch Godongwana het die 2025 Wet op die Verdeling van Inkomste teruggetrek. Die EFF waarsku dat om voort te gaan met die virtuele vergadering in die huidige konteks, loop die risiko van verdere regstappe.
# Brandbestryders het ‘n brand by Iran se hoofhawe in bedwang gebring, na ‘n dodelike ontploffing wat aan nalatigheid toegeskryf is. Die ontploffing Saterdag was by ‘n dok van die suidelike hawe Shahid Rajaee. Staatsmedia berig dat minstens 70 mense dood is met meer as ‘n duisend beseerdes in die ontploffing en daaropvolgende brand, wat ook omvattende skade veroorsaak het.
# Rugby: Australië sal môre die volgende Wallabies-afrigter aanwys, met die voormalige Ierland-assistent Les Kiss wat die voorloper is om die pos te kry. Kiss, wat die Queensland Reds in Super Rugby afrig, sal oorneem by Joe Schmidt, nadat Schmidt in Februarie gesê het hy sal bedank aan die einde van vanjaar se Rugbykampioenskap. Kiss het in 2023 na Australië teruggekeer nadat hy direkteur van rugby by die Ierse klub Ulster, hoofafrigter van London Irish, en as ‘n assistent-afrigter by die nasionale span van Ierland was.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-54-sent teen die dollar, 21-rand-10-sent teen die euro en 24-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-160-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-315-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-72-sent per vat.
Bly ingeskakle vir meer nuus ……….