Nuus 15:00
BULLETIN 14 April 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa wys Mcebisi Jonas aan as gesant vir diplomatieke en handelsbande met Amerika
# NSFAS moedig verhuurders aan om eise betyds in te dien om studente-uitsettings te voorkom
# En Hamas verduidelik wat hy in ruil vir die vrylating van die oorblywende Israelse gyselaars wil hê
# President Cyril Ramaphosa het die voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, as sy spesiale gesant na Amerika aangestel. Jonas sal Suid-Afrika se diplomatieke en ekonomiese belange verteenwoordig en met Amerikaanse regeringsamptenare en sakeleiers in gesprek tree om bilaterale bande te versterk. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Jonas het voorheen gedien as een van die president se beleggingsgesante en sal voortgaan in sy rol as die groepsvoorsitter van MTN terwyl hy sy nuwe pos beklee:
# Die Nasionale Studente Finansiële Hulpplan het oproepe aan diensverskaffers herhaal om eise betyds in te dien, aangesien die volgende betaling Donderdag moet plaasvind. Die woordvoerder van NSFAS, Ishmael Mnisi, sê vertragings met die indien van inligting kan die bevestiging en betalings belemmer. Mnisi het die onderneming beklemtoon om uitstaande eise op te los, en gesê dit is van uiterste belang om bestendige lewensomstandighede te handhaaf vir studente wat finansieel ondersteun word en op die skema staatmaak:
# Die eThekwini Munisipaliteit het die Durbanse strande bekendgemaak wat gedurende Paasfees vermy moet word weens swak watergehalte. Strande met hoë vlakke van E. coli sluit in Laguna, Winklespruit en Doonside. Hierdie sluitings is deel van die deurlopende besoedelingskrisis wat die munisipaliteit ondervind. Watergehalte-toetse word weekliks uitgevoer en huidige uitslae toon dat agt strande uitstekende watergehalte het en van soggens ses-uur tot saans half-sewe oop is. Dit is Pipeline, Umgababa, Umhlanga se hoofstrand, Brighton, Ansteys, Bronze, Umdloti se hoofstrand, en Westbrookstrand.
# ‘n Senior Hamas-amptenaar sê die Palestynse groep is bereid om alle Israelse gyselaars vry te laat. Hamas is in Kaïro vir onderhandelings met bemiddelaars van Egipte en Katar, wat saam met die Verenigde State werk om ‘n wapenstilstand te bewerkstellig in die beleërde gebied. Woordvoerder Taher al-Nunu sê Hamas is gereed om alle Israelse gevangenes vry te laat, onderworpe aan ‘n ernstige gevangene-ruilooreenkoms, ‘n einde aan die oorlog, die onttrekking van Israelse magte uit die Gaza-strook en die aflewering van humanitêre hulp.
# Sokker: Die Stad Kaapstad sê personeel is hard aan die werk om te verseker die Ericapark-stadion in Belhar is gereed wanneer vanjaar se Premierbeker-toernooi vir Onder 19’s Woensdag afskop. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê 32 spanne van Suid-Afrika en die buiteland sal oor Paasnaweek om die top-eerbewyse meeding:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-91-sent teen die dollar, 21-rand-53-sent teen die euro en 24-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 84-duisend-803-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-224-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-26-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….