Nuus 15:00
BULLETIN 1 April 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# DA beloof om ANC te verhoed om BTW-verhoging deur te voer wanneer begrotingsdebat begin
# ANC NUK eis geregtigheid vir slagoffer Cwecwe, dring aan op aksie oor geslagsgeweld
# En, BMW SA waarsku oor Amerikaanse tariefbedreiging vir motoruitvoere
# Die voortgesette debat oor vanjaar se begroting het vandag verskerp met die DA en ANC wat bots oor voorgestelde belastingverhogings. Die DA het beloof om ‘n beplande BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte te verhoed, terwyl hulle aanvoer dit sal burgers verder benadeel. Die lot van die voorgestelde belastingveranderings sal op die vergadering van die Parlement se gesamentlike Finansiële komitee besluit word. Mark Burke van die DA is opdrag gegee om die fiskale raamwerk te wysig om die verhoging te verhoed:
# Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het die verkragting van die sewejarige Cwecwe by die Bergview-kollege in Matatiele in die Oos-Kaap verdoem. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het beklemtoon dat geslagsgeweld en vrouemoord die gemeenskap uitmekaar skeur en eis dringende ingryping. Mbalula het wetstoepassers aangemoedig om beslissend op te tree en ‘n beroep op alle burgers gedoen om saam te veg teen geslagsgeweld:
# BMW Suid-Afrika waarsku Amerika se tariewe van 25-persent op ingevoerde voertuie en onderdele belemmer vrye handel en vernuwing. Die motorvervaardiger is van mening handelsbeleide, insluitend die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, bly belangrik vir sy plaaslike bedrywighede. BMW SA voer die X3-model na Amerika uit en waarsku tariewe kan die AGOA-ooreenkoms bedreig. Die motorbedryf evalueer tans die potensiële uitwerking op Suid-Afrikaanse uitvoere.
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê intussen die magsgroepering hoop steeds ‘n onderhandelde oplossing gevind kan word vir Amerikaanse tariewe wat hierdie week dreig, maar dat alle moontlikhede oorweeg word om terug te kap indien nodig. Die Amerikaanse president, Donald Trump, is gereed om ‘n nuwe reeks tariewe aan te kondig teen verskeie lande om beweerde onbillike handelswanbalanse reg te stel. Von der Leyen sê hulle sal die aankondigings noukeurig ontleed om te besluit hoe om te reageer.
# Sokker: Manchester United se afrigter, Ruben Amorim, sê die energie is anders by die span na hulle mini-herlewing. Hy erken hulle selfvertroue is wankelrig terwyl hulle voorberei vir die tydperk na die internasionale rusperiode. United, wat vandag na die triomfantlike Nottingham Forest reis, is in die 13de posisie op die Premierliga-punteleer – 12 punte agter die top vier spanne met nege wedstryde oor. Hulle is egter onoorwonne in sewe wedstryde in alle kompetisies, al is hulle uit die FA-bekerkompetisie geskakel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-34-sent teen die dollar, 19-rand-80-sent teen die euro en 23-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 84-duisend-122-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-132-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-57-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….