Nuus 15:00
BULLETIN 19 Maart 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA sê die Wetsontwerp op die Staatsdienskommissie stop nie kaderontplooiing nie
# Die DA veroordeel die Gautengse Tesourie vir die vermorsing van 230-duisend-rand
# En Oekraïne beskuldig Rusland dat hulle Trump se voorgestelde wapenstilstand verwerp het
# BOSA sê politieke aanstellings in die regering moet verbied word om burgers te beskerm teen onbevoegde leierskap. Die party se adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, voer aan die Wetsontwerp op die Staatsdienskommissie doen nie genoeg om kaderontplooiing te voorkom nie. Sy glo die beëindiging van politieke aanstellings is die sleutel tot die verbetering van dienslewering en versoek die regering om skuiwergate te verwyder wat die vordering kan ondermyn:
# Die DA het die Gautengse Tesourie gekritiseer vir die vermorsing van 230-duisend rand weens beheermislukkings, en dit ‘n deurgang na korrupsie genoem. Mike Moriarty van die DA sê swak interne beheer het daartoe gelei dat die verkeerde diensverskaffer betaal is, wat dienslewering vertraag het. Hy vra groter aanspreeklikheid en ‘n strafregtelike ondersoek na wanbestuur:
# Oekraïne het Rusland daarvan beskuldig dat hy ‘n Amerikaans-gesteunde wapenstilstandsvoorstel verwerp het nadat Moskou aanvalle op energie-instellings geloods het slegs ure nadat hy ingestem het om aanvalle te staak. Die Russiese leier, Vladimir Putin, het gister tydens ‘n telefoongesprek met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, gesê ‘n omvattende ooreenkoms hang daarvan af dat die Weste alle militêre en intelligensie-hulp aan Oekraïne beëindig. Die Kremlin sê Putin het reeds beveel dat aanvalle op Oekraïne se kragnetwerk vir 30 dae gestaak word.
# Rugby: Georgië se hoofafrigter, Richard Cockerill, wil hê sy span moet teen Wallis speel om te bepaal wie die sesde span in volgende jaar se Sesnasieskompetisie moet wees. Die Walliesers kon die tweede agtereenvolgende jaar nie ‘n enkele wedstryd wen nie. Cockerill, wat in die 1990’s 27 toetse vir Engeland op haker gespeel het, glo sy span is goed genoeg om op Europa se hoogste vlak te speel nadat hulle die Rugby Europa-kampioenskapstitel die agtste agtereenvolgende jaar verower het. Georgië het Wallis in 2022 in Cardiff geklop.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-15-sent teen die dollar, 19-rand-79-sent teen die euro en 23-rand-54-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-717-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-36-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-14-sent per vat.
# En laastens, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad, Thembisile Xulu, bepleit sterker vennootskappe en bewusmakingsprogramme oor TB. Sy het in Johannesburg gesê die TB-voorkoms onder die 7,8-miljoen mense wat met MIV leef, is baie hoog, met meer as 50-persent wat geraak word. Ses mense sterf elke uur in Suid-Afrika aan TB. Xulu waarsku oor toenemende besmettings wat met TB/MIV gepaard gaan, dwelmweerstandige TB en die stigma wat mans daarvan weerhou om behandeling te kry:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….