Nuus 15:00
BULLETIN 13 Maart 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika wil bande met die Europese Unie versterk
# Tshwane vra inwoners om waaksaam te wees te midde van Geel Vlak 2-waarskuwing
# En rugby: Skotland wil Saterdag Frankryk se droom vir ‘n Sesnasies-titel verydel
# Suid-Afrika sal poog om sy bande met die Europese Unie te versterk. President Cyril Ramaphosa is vandag saam met die president van die Europese Raad, Antonio Da Costa, en Ursula von der Leyen, die mede-voorsitter van die 8ste Suid-Afrika-EU-beraad in Kaapstad. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het aan SABC News gesê die beraad het ten doel om verhoudings met sleutel strategiese vennote te versterk en samewerking in handel, belegging en ontwikkeling te bevorder:
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê intussen die kabinet verwelkom die toewysing van meer as een-duisend-miljard-rand vir infrastruktuurontwikkeling om ekonomiese groei aan te wakker en dienslewering te verbeter. Sy het op ‘n nuuskonferensie oor die uitkoms van die kabinetsvergadering gesê die befondsing, versprei oor die mediumtermyn bestedingsraamwerk, sluit nuwe finansieringsmetodes en geleenthede vir die vinniger instelling van projekte in:
# Die nooddienste in Tshwane vra inwoners om waaksaam te bly nadat ‘n Geel Vlak 2-waarskuwing uitgereik is oor erge donderstorms in Gauteng vanmiddag. Die gevare sluit oorstromings, hael, sterk wind en weerlig in. Inwoners word aangeraai om weg te bly van metaalvoorwerpe, binnenshuis te bly en nie oorstroomde paaie oor te steek nie. Noodspanne is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en beklemtoon hoe belangrik dit is om ernstige voorvalle aan te meld.
# Die Departement van Water and Sanitation het die sluiting van die Lesotho Hoogland-waterprojek se wateroordragstelsel en leweringstonnels met drie weke verleng. Dit is weens vertragings met onderhoudwerk by die suidelike leweringstonnel in Lesotho en onvoorspelbare weerstoestande. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê ‘n herstelplan is ingestel om die werk in Lesotho te versnel, maar die vertraging kon nie vermy word nie:
# Rugby: Agsteman Jack Dempsey sê Skotland is vasbeslote om Saterdag Frankryk se Sesnasies-titeldrome te verydel in die laaste ronde-wedstryd in Parys. Frankryk is boaan die punteleer met 16 punte, gevolg deur Engeland met 15 en Ierland met 14. ‘n Oorwinning oor Skotland behoort die kompetisie in Frankryk se guns te beklink, terwyl Skotland beslis die buiteperd is nadat hulle twee van hulle vorige vier wedstryde verloor het. Dempsey sê egter die Skotte gaan na die Stade de France om hulle gashere se partytjie te bederf.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 19-rand-95-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-867-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-944-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-46-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….