Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA veroordeel die Tesourie se afkeur van fondse om poste by Gautengse hospitale te befonds
# Iran veroordeel Netanyahu se oproep om die taak teen die Islamitiese republiek af te handel
# En motorsport: Lando Norris waarsku die 40-jarige Lewis Hamilton moenie hierdie seisoen onderskat word nie
# Die DA in Gauteng het uitgevaar teen die Nasionale Tesourie se weiering om 291-miljoen-rand vir een-duisend-180 noodsaaklike hospitaalposte te befonds. Die Gautengse Gesondheidsdepartement se werwingsplan, wat sleutelposte soos departementshoofde en verpleegkundiges insluit, is afgekeur weens oorbesteding. Belangrike hospitale soos Chris Hani Baragwanath en Kalafong word erg geraak. Jack Bloom van die DA het die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, en departementshoof Lesiba Malotana die skuld gegee vir die krisis:
# Die munisipale vakbond Samwu sê die Stad Tshwane het binne drie-jaar 44-miljoen-rand op ‘n enkele prokureursfirma gemors terwyl hulle geweier het om werkers se agterstallige salarisverhogings te betaal. Die vakbond sê openbare vertroue word geskend en eis ‘n onafhanklike ondersoek. Samwu se streeksekretaris, Donald Monakhisi, vra dat uitkontraktering vir dissiplinêre aangeleenthede onmiddelik beëindig en werkers se salarisverhogings onmiddellik ingestel word:
# Iran veroordeel die oproep van die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, om die werk af te handel teen die Islamitiese republiek. Die woordvoerder van die ministerie van Buitelandse Sake, Esmaeil Baqaei, sê om ander te dreig is ‘n growwe skending van die internasionale reg sowel as die Verenigde Nasies se Handves. Netanyahu het gister tydens ‘n nuuskonferensie met die besoekende Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gesê Israel sal die werk afhandel teen Iran met die steun van Amerika, sy voorste bondgenoot.
# Motorsport: McLaren se Britse Formule Een-renjaer, Lando Norris, waarsku die veld durf nie die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, onderskat nie. Sy 40-jarige landgenoot jaag vanaf hierdie seisoen vir Ferrari na ‘n baie suksesvolle verbintenis van 12-jaar met Mercedes, hoewel hy verlede seisoen gemengde welslae behaal het. Norris is een van die gunstelinge om vanjaar die bestuurderskampioenskap in te palm nadat hy in 2024 tweede was na Red Bull se Nederlandse jaer, Max Verstappen. Norris glo Hamilton sal baie gemotiveerd wees.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-33-sent teen die euro en 23-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-245-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-898-dollar-7-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-56-sent per vat.
# En ten slotte: Die Chinese tegnologiereus Tencent sê hy het begin om sy eie kunsmatige intelligensie-redeneringsmodel te toets nadat hy DeepSeek by van sy produkte gevoeg het. Die onderneming sê hierdie skuif sal reaksies mensliker maak. Die Chinese KI-onderneming DeepSeek het verlede maand wêreldwyd opslae gemaak toe hy sy R1-kletsbot onthul het, wat blykbaar teen ‘n fraksie van die koste met Amerikaanse tegnologie kan meeding. ‘n Reeks groot Chinese ondernemings het intussen gesê hulle sal gebruik maak van DeepSeek-tegnologie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….