Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Voorspraakgroep beskuldig die regering van skynheiligheid oor migranteregte
# Rugby: Die Bokke begin die seisoen met ‘n belyningskamp in Kaapstad
# En Valentynsdagbesteding sal na verwagting vanjaar met dubbelsyfers toeneem
# Kopanang Africa Against Xenophobia beskuldig die regering van skynheiligheid en kieskeurige geregtigheid in sy behandeling van migrante. Die groep sê hoewel president Cyril Ramaphosa tydens sy staatsrede na vrede, geregtigheid en gelykheid verwys het, het hy niks gesê oor die voortgesette diskriminasie en geweld wat migrante uit Afrika in Suid-Afrika ervaar nie. Woordvoerder Mike Ndlovu vra hulle moet ophou om die skuld op ander te pak, verbeterde toegang tot dienste vir vlugtelinge lewer en verbeterde beskerming teen xenofobiese geweld verseker.
# FutureCoal sê nie-strydige en duidelike beleide en strategieë is nodig om die verantwoordelike en volhoubare gebruik van steenkool te verseker. Hy het sy Suider-Afrikaanse Afdeling bekendgestel wat vier voorste steenkoolryke nasies byeenbring: Suid-Afrika, Mosambiek, Zimbabwe en Botswana. Die vier lande saam het volgens raming steenkoolreserwes van sowat 150-miljard ton. FutureCoal se uitvoerende hoof, Michelle Manook, sê dis moontlik om steenkool volhoubaar te bestuur, veral omdat dit vir lande wat hulle ekonomieë ontwikkel, ‘n strategiese bate bly:
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangebied om moderne vegvliegtuie aan die BRICS-lid Indië te verkoop. Hy en eerste minister Narendra Modi het beloof om handelsbande te versterk, ongeag die Trump-administrasie se benadering tot ‘n groot deel van die wêreld. Modi is slegs die vierde wêreldleier om die Withuis te besoek sedert Trump se terugkeer en beskryf sy mede-nasionalis as ‘n vriend. Hy sê hy sal ‘n vertolking aanneem van Trump se slagspreuk om Amerika weer groots te maak. Trump sê hy het ‘n spesiale band met Modi en Indië.
# Rugby: Die Springbokke begin die seisoen op 7 Maart wanneer Rassie Erasmus en sy bestuurspan hulle eerste persoonlike strategiese byeenkoms met afrigters hou, gevolg deur ʼn driedaagse belyningskamp vir 56 plaaslike spelers. Die groep sluit 18 spelers in van 2023 se Wêreldbeker-wenspan, tien wat lid was van 2019 se Wêreldbeker-kampioenspan, en vyf wat aan 2015 se toernooi deelgeneem het. Jurenzo Julius, JF van Heerden en Reinhardt Ludwig kry hulle eerste voorsmakie van Springbokrugby.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-35-sent teen die dollar, 19-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-73-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-934-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-90-sent per vat.
# En ten slotte: FNB verwag besteding op Valentynsdag sal vanjaar weer met dubbelsyfers toeneem. Dit volg op ‘n styging van 11-persent op ‘n jaargrondslag in 2024. Besteding aan sjokolade, blomme, geskenke en juweliersware het aansienlik toegeneem, met ‘n styging van 60-persent in sjokolade-aankope en 83-persent in blomme in die aanloop tot Valentynsdag. FNB se woordvoerder, Ashley Saffy, moedig verantwoordelike besteding, veilige transaksies en die gebruik van virtuele kaarte aan:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….