Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# United Africans Transformation sê Weermag-soldate moenie as pionne gebruik word in konflikte nie
# Die Nasionale Raad van DBV’s bied ‘n beloning van 20-duisend-rand aan nadat ‘n bobbejaan in Delmas doodgemaak is
# En, motorsport: Andrea Kimi Antonelli slaag die bestuurderstoets slegs weke voor sy Formule Een-buiging
# Die United Africans Transformation-party sê Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-soldate behoort nie as pionne gebruik te word in konflikte wat nie Suid-Afrika se belange dien nie. Veertien soldate het in die Demokratiese Republiek die Kongo gesterf tydens gevegte met M23-rebelle. Die party se woordvoerder, Mighty Mabula sê as die regering soldate wil ontplooi, moet daar behoorlik beplan word:
# Die Vryemarkstigting sê die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, se voorgestelde transformasiefonds ter waarde van 100-miljard-rand wat gemik is op ondernemings in swart besit, toon moontlike misbruik en ekonomiese skade. Die stigting voer aan dat sommige kritici meen die fonds omseil behoorlike besprekings en lê skadelike SEB-belasting op. Sakeleiers waarsku dit kan ekonomiese groei onderdruk en beleggers afskrik, wat die elite sal bevoordeel maar nie waarde sal toevoeg tot ware ekonomiese opheffing nie.
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermings-verenigings s ondersoek die voorval waartydens ‘n bobbejaanmannetjie, bekend as “Raygun” wreed doodgemaak is in Mpumalanga. Die dier is gejaag, geslaan en aan die brand gesteek by die Botleng Secondary School in Delmas. Woordvoerder Jacques Peacock sê die raad bied ‘n beloning van 20-duisend-rand aan vir inligting wat sal lei tot die suksesvolle vervolging van mense wat by die voorval betrokke was. Hy versoek mense wat die aanval verfilm het om na vore te kom:
# Motorsport: Die opkomende ster Andrea Kimi Antonelli het sy bestuurderstoets geslaag slegs ses weke voor hy sy Formule Een-buiging vir Mercedes gaan maak in die Australiese Grand Prix. Die 18-jarige Italianer is in ‘n ryskool afgeneem met die onderskrif “Sending voltooi”. Bestuurders moes voorheen 18 wees en ‘n geldige rybewys in sy vaderland hê om te kwalifiseer vir ‘n Super-lisensie wat hom toelaat om in F1 mee te ding. Die reëls is egter verander en 17-jariges kan nou spesiale toestemming kry.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-46-sent teen die dollar, 19-rand-5-sent teen die euro en 22-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-966-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-905-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-46-sent per vat.
# En ten slotte: Suid-Afrika gaan die eregas wees op die 33ste Havana Internasionale Boekeskou wat van Donderdag tot die 23ste van die maand in Kuba plaasvind. Dit word beskou as die grootste kultuurfees in die hoofstad. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur sê Suid-Afrika se deelname is onder die tema, Papers of Resistance, en fokus op die belangrikheid van skryf in verskillende vorms. ‘n Afvaardiging van skrywers, digters en letterkundige figure sal by die Suid-Afrikaanse kraampie te sien wees.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….