Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Kaapstad se groei van 20,2-persent in werksgeleenthede oortref die ander groot metro’s
# Die Referendum-party sê die ANC se verklaring oor internasionale steun is skynheilig
# En krieket: Corbin Bosch vervang Anrich Nortjé in die Protea-groep vir die Kampioene-trofee
# ‘n Verslag oor ongelykhede in werkskepping in Suid-Afrika dui aan dat Kaapstad voorloop in die vermeerdering van werksgeleenthede, met ‘n verhoging van 20,2-persent in poste vanaf 2014 tot 2023. Sektore soos kleinhandel, oproepsentrums, finansiering, en sekerheidsposte het die groei aangewakker. Meer as 300-duisend poste het sedert 2022 bygekom. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die sukses is te danke aan bestendige regering en ‘n infrastruktuurplan van 39,5-miljard-rand wat 130-duisend poste in die boubedryf sal skep:
# Die Referendum-party sê die ANC se kortaf en paniekbesaaide nuusverklaring waarin vereis word dat Suid-Afrikaners hul nasionale soewereiniteit moet verdedig, is merkbaar skynheilig. Die party-lid, Joan Swart, het die ANC daaraan herinner dat toe swart Suid-Afrikaners onregverdig onderwerp was aan rassewette, was internasionale steunwerwing en ondersteuning die belangrikste wapens in die ANC se arsenaal:
COPE vra alle Suid-Afrikaners intussen om vas te staan ter verdediging van geregtigheid, menswaardigheid en ekonomiese geleenthede vir almal. Pakes Dikgetsi van COPE sê hierdie swaarverdiende winste is deur interne sowel as eksterne kragte ondermyn, wat nasionale samehorigheid en die gesamentlike vordering van die afgelope 30 jaar bedreig. Hy sê die party verwerp alle pogings om mense volgens rasse-, politieke of ideologiese lyne te verdeel:
# Frankryk bied die Kunsmatige Intelligensie Aksie-spitsberaad in Parys aan waar politieke en tegnologie-leiers vir ‘n tweedaagse geleentheid bymekaar kom. Die beraad word gesamentlik aangebied deur die Franse president, Emmanuel Macron, en Indië se eerste minister, Narendra Modi. Die beraad beoog om etiese K-I te bevorder, toegang te vergemaklik, en Europese soewereiniteit te versterk met kenners wat die rigting van K-I se ontwikkeling wêreldwyd probeer rig. Besprekingsonderwerpe sluit in die rol van K-I in die werkplek, bedreigings vir kubersekerheid, waninligting en die belangrikheid van inklusiewe bestuur.
# Krieket: Die Titans se snelbouler, Corbin Bosch, is aangewys as plaasvervanger vir die beseerde Anrich Nortjé in die Protea-groep vir die komende Kampioenetrofee in Pakistan. Die 30-jarige Bosch het sy eendagdebuut in Desember gemaak. Die 18-jarige Kwena Maphaka is ook ingesluit as reisende reserwe. Bosch en Maphaka, en die kolwer Tony de Zorzi, het gister na Karatsji vertrek om by die groep aan te sluit vir die res van die drienasies-eendagreeks teen Pakistan en Nieu-Seeland.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-1-sent teen die euro en 22-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-758-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-900-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….