Nuus 15:00
BULLETIN 21 Augustus 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Masemola sê die moord op polisielede is pynlik en onaanvaarbaar
# Uganda stem ook in om onwelkome Amerikaanse migrante te aanvaar
# En passassiers dagvaar twee Amerikaanse lugrederye oor venster-sitplekke sonder uitsig
# Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het aangekondig dat ses polisielede sedert begin vanjaar vermoor is terwyl hulle aan diens was. Hy sê die moord en aanvalle op polisielede is pynlik en onaanvaarbaar. Masemola sê die ministerie herinner polisielede dat hulle nooit moet huiwer om hulsef te verdedig as hulle bedreig word nie. Hy sê hulle moet die beskikbare hulpmiddels gebruik om die oppergesag van die wet te handhaaf:
# Limpopo se Onderwysdepartement het bevestig ‘n bus van die departement was in ‘n botsing betrokke in Magoebaskloof. Die bus het 39 mense vervoer, insluitend 30 kinders van ‘n spesiale skool. Nooddienste het pasiënte na die Tzaneen Medicare-, die Van Velden- en die Letaba-hospitaal geneem. Woordvoerder Matome Taueatsoala het motoriste versoek om versigtig te ry aangesien daar tans slegs een baan oop is:
Nuus uit die buiteland:
# Uganda het ingestem om migrante te ontvang wat nie kwalifiseer om in Amerika te bly nie. Washington se nuutste poging om deportasie te bespoedig behels dat die Trump-administrasie onderhandel om mense na derde-wêreldlande te stuur, insluitende El Salvador en Eswatini. Volgens die Verenigde Nasies het Uganda reeds die grootste vlugtelingbevolking, met bykans 1,7-miljoen mense. Uganda is die jongste land in Oos-Afrika wat so ‘n ooreenkoms met Washington gefinaliseer het, na Rwanda en Suid-Sudan. Mense met misdaadrekords en onvergeselde minderjariges sal nie aanvaar word nie.
Nou sportnuus:
# Die voorsitter van Krieket Suid-Afrika, Pearl Maphoshe, sê die Wêreldbekertoernooi van 2027 in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe sal ‘n blywende nalatenskap vir die hele vasteland wees. Sy het met die bekendstelling van die plaaslike reëlingskomitee gesê dis ‘n geskiedkundige oomblik, en beklemtoon dat hervorming kernbelangrik is vir die geleentheid. Maphoshe sê grondvlak-krieketontwikkeling is ‘n sleutelvoordeel en beklemtoon dat die Wêreldbeker ‘n nasionale en ook ‘n Afrika-projek is wat op integriteit gebou is:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-62-sent teen die euro en 23-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-271-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-331-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-69-sent per vat.
# En laastens: Passasiers dagvaar twee groot Amerikaanse lugdienste en sê hulle het meer opgedok vir venstersitplekke, net om sitplekke sonder uitsig te ontvang. Delta Airlines en United Airlines staan nou voor voorgestelde groepsgedinge waarin meer as ‘n miljoen passasiers in elk verteenwoordig word. Passasiers sê hulle noem glad nie hierdie soort venstersitplekke tydens die besprekingsproses nie. Die regsgedinge sê mense bespreek venstersitplekke om verskeie redes, insluitend om die vrees vir vlieg te kan hanteer, kinders besig te hou of bloot om die uitsig te geniet.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….