Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Januarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA eis ‘n ondersoek na die Buffelsfontein-mynramp
# Rusland voer ‘n massiewe aanval op Oekraïne uit
# En, tennis: Alcaraz en Djokovic is oortuig die tiener Joao Fonseca kan een van die bestes wees
# Die DA het ‘n beroep gedoen op president Cyril Ramaphosa om ‘n onafhanklike Kommissie van Ondersoek in te stel na die Buffelsfontein-myntragedie in Stilfontein, Noordwes, waar 60 liggame reeds gevind is. Die DA-lid, James Lorimer het die regering se mislukkings met die bekamping van onwettige mynbou en die gebrek aan die kriminalisering van sulke bedrywighede genoem. Die ondersoek poog om polisie- en departementele tekortkominge aan te spreek en aanspreeklikheid te verseker om toekomstige rampe te voorkom. Hy sê die DA beoog om oplossings voor te stel, insluitend die versterking van wette en wetstoepassingsvermoë.
# Build One South Africa sê president Cyril Ramaphosa se bywoning van die inhuldiging van Mosambiek se verkose president, Daniel Chapo dra ‘n gevaarlike boodskap oor rakende Suid-Afrika se standpunt oor demokrasie. Die party voer aan die Mosambiekse verkiesing is geteister deur geweld en ongerymdhede, insluitend sluipmoordpogings op opposisieleiers, wat hul geloofwaardigheid ondermyn. BOSA se waarnemende woordvoerder, Roger Solomons waarsku hierdie optrede hou die gevaar in om die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-streek te destabiliseer en demokratiese waardes te verbrokkel:
# Gauteng se verkeerspolisie het met die aanvang van die 2025-skooljaar vandag gesê vervoeroperateurs moet sorg dat hul voertuie padwaardig is. Talle leerlinge was verlede jaar in ongelukke betrokke as passasiers van voertuie vir skoolvervoer, soos die 42 leerlinge van die Relebogile Sekondêre Skool in Carletonville. ‘n Polisiewoordvoerder, Sello Maremane, sê onpadwaardige voertuie sal geskut word en bestuurders sonder permitte sal vervolg word:
# Rusland het tientalle missiele en hommeltuie op die energiesektor in Oekraïne afgevuur as deel van ‘n maande-lange veldtog tydens die oorlog. Die aanval volg ‘n dag na ‘n aankondiging deur Kiëf dat hy sy grootste lugaanval tot nou toe op Russiese weermag-fabrieke en energie-spilpunte uitgevoer het, honderde kilometers vanaf die oorlogsfront. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê Moskou het meer as 40 missiele en 70 hommel-aanvalstuie afgevuur in ‘n oornagaanval op ondermeer die gas-infrastruktuur.
# Tennis: Carlos Alcaraz is oortuig die leeutemmer-tiener, Joao Fonseca, sal “sommer gou” een van die bestes wees terwyl Novak Djokovic sê hy sien in die Brasiliaan baie van homself toe hy jonger was. Die vreeslose 18-jarige kwalifiseerder het gister met sy buiging in ‘n Grand Slam-toernooi die negende gekeurde, Andrey Rublev, in skoon stelle oorrompel. Fonseca het verlede maand die tweede jongste kampioen van die NextGen ATP-toernooi geword sedert Jannik Sinner, die huidige wêreld nommer een, dit vyf jaar gelede vermag het. Die viermalige Grand Slam-toernooiwenner, Alcaraz, is self net 21 en was heel beïndruk.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-87-sent teen die dollar, 19-rand-45-sent teen die euro en 23-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-646-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-686-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-39-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….