Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Januarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Umalusi veroordeel geweld teen leerders tydens eksamentyd
# Krieket: Pat Cummins en Josh Hazlewood ingesluit by Australië se Kampioenetrofee-groep
# En, navorsers gebruik toenemend Kunsmatige Intelligensie vir beskerming van bedreigde spesies
# Umalusi veroordeel ten sterkste die aangemelde gevalle waar vroulike leerders in die Oos-Kaap verkrag is terwyl hulle vir hul eksamens voorberei het. Die gehalteversekeringsliggaam beskryf die voorval as uiters skokkend. Die uitvoerende hoof van Umalusi, Mafu Rakometsi, het aan die media gesê wetstoepassing en belanghebbendes moet leerders se veiligheid verseker:
# Die DA in Gauteng sê hy het reeds vrae ingedien aan die provinsiale Wetgewer om vas te stel watter stappe gedoen gaan word om te verseker die Gautengse provinsiale regering speel nie bankrot nie. DA-lid Alan Fuchs sê in September verlede jaar het die LUR vir Finansies, Lebogang Maile, openlik gewaarsku Gauteng kan bankrotskap in die gesig staar weens toenemende verpligtinge in die Gesondheidsdepartement, nasionale begrotingsbesnoeiings en uitstaande e-tolverpligtinge:
# Mosambiek gaan vandag sy nuwe Parlement inhuldig, ná dodelike betogings oor die verkiesing in Oktober, waarin daar volgens die opposisie, met die uitslae gepeuter is. Die opposisieleier, Venancio Mondlane het ‘n beroep gedoen op sy ondersteuners om vreedsame betogings te hou vanaf vandag tot Woensdag, wanneer Daniel Chapo van Frelimo as president ingehuldig word. Twee opposisiepartye, Renamo en die Demokratiese Beweging van Mosambiek, MDM, het aangekondig hulle boikot vandag die verrigtinge waar die nuwe Parlementslede inhuldig word.
# Krieket: Pat Cummins en Josh Hazlewood is deel van Australië se groep vir die Kampioenetrofee wat op 19 Februarie in Pakistan en die Verenigde Arabiese Emirate begin. Cummins sal die span aanvoer. Die veelsydige spelers, Aaron Hardie en Matthew Short, is ook ingesluit by die groep van 15, terwyl Nathan Ellis die vierde snelbouler is. Australië is in dieselfde groep as Engeland, Suid-Afrika en Afghanistan.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-15-sent teen die dollar, 19-rand-51-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 91-duisend-396-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-679-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-74-sent per vat.
# Ten slotte: Navorsers gebruik toenemend kunsmatige intelligensie vir die beskerming van bedreigde spesies. K-I kan vir die ontleding van baie data ingespan word om gedragspatrone te identifiseer sodat vroeë ingrypings kan plaasvind om ontwrigting in die ekologie te verhoed. Dié tegnologiese benadering kan bewaringspogings verskerp deur insigte te bied in omgewingsveranderings en die gedragspatrone van spesies. Ortwin Aschenborn van die Leibniz-inistituut vir Dieretuin- en Wildlewe-navorsing, sê die integrasie van K-I in bewaring is ‘n beduidende vordering in die bewaring van die biodiversiteit:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….