Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Desember 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Polisieman van Eldoradopark se moordsaak word tot volgende maand uitgestel
# Tennis: Iga Swiatek behaal ‘n maklike oorwinning maar Stefanos Tsitsipas misluk op die United-bekerkompetisie in Australië
# En, ‘n slimkoei gaan Australiese boere bystaan
# Die hofsaak van ‘n 42-jarige polisiebeampte van Eldoradopark in Gauteng wat daarvan aangekla word dat hy sy 22-jarige meisie, Chesnay Keppler, met sy dienspistool vermoor het, is tot volgende maand uitgestel. Die beampte het na ‘n huishoudelike geskil na bewering verskeie skote deur ‘n venster op Keppler afgevuur, voordat hy van die toneel gevlug het. Woordvoerder Phaladi Shuping sê hy sal na verwagting vroeg volgende maand in die hof verskyn:
# Die landbou-organisasie TLU SA sê die huidige omstandighede in Mosambiek is tot nadeel van die hele streek en sal onafwendbaar lei tot verslegtende maatskaplik-ekonomiese toestande. Woordvoerder Bennie van Zyl sê die hawe van Maputo het met verloop van tyd ontwikkel tot die doeltreffendste uitvoerkern vir Suid-Afrikaanse landbouprodukte. Hy sê met die huidige onrus is hierdie voordeel tot niet en hulle kan maar net hoop bestendigheid word vinnig herstel:
# Amerika se president, Joe Biden, het oud-president Jimmy Carter gehuldig wat gister op die ouderdom van 100 jaar dood is. Biden het hom geloof as buitengewone leier, staatsman en filantroop. Hy het in ‘n boodskap aan die land gesê Carter se lewe kan nie aan woorde gemeet word nie, maar aan dade. Hy sê hoewel hy slegs een termyn gedien het, was sy invloed op die land beduidend:
# Tennis: Iga Swiatek het ‘n maklike oorwinning behaal in haar eerste wedstryd van die seisoen op die United-bekerkompetisie in Australië, maar Stefanos Tsitsipas het misluk toe Kazakstan verras het teen Griekeland in die uitklopronde van die gemengde spantoernooi. Swiatek, ‘n vyfmalige Grand Slam-kampioen, speel die eerste keer sedert sy vir ʼn maand geskors is weens ʼn opkikkeroortreding. Die Pool het die Noorweër Malene Helgo maklik 6-1, 6-stroop geklop. Tsitsipas het na ʼn middelmatige 2024 met 6-4-7-6 verloor teen Alexander Shevchenko, 78ste op die wêreldranglys.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-74-sent teen die dollar, 19-rand-57-sent teen die euro en 23-rand-61-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-408-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-613-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-61-sent per vat.
# En ten slotte: Navorsers aan die Universiteit van Sydney in Australië werk tans aan die wêreld se eerste slimkoei. Hulle glo die kunsmatige intelligensie-aangedrewe robot sal beesboere help om hul lande groen en hul kuddes gesond te hou. Die slimkoei lyk soos ‘n robot, maar navorsers sê sodra die beeste gewoond raak daaraan, sal hulle hom begin volg. Die robot bied toegang tot presisie boerdery en kan weivelde identifiseer waar beeste optimale voeding sal vind. Die robot kan kudde-eienskappe sowel as die gesondheid van individuele diere monitor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….