Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Desember 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa sê Mpumalanga speel ‘n deurslaggewende rol in Suid-Afrika se laekoolstof-oorgang
# Die Oorgrensvereniging waarsku die sluiting van die Lebombo-grens wek ekonomiese kommer
# En, rugby: Rugby Australië onthul sy vyfjaar-doelwit om die wêreld se nommer-een te word
# President Cyril Ramaphosa sê Mpumalanga is die sleutel tot Suid-Afrika se oorgang na ‘n laekoolstof-ekonomie. Hy het aan die provinsiale uitvoerende gesag gesê die provinsie moet in nuwe tegnologieë, nywerhede en vaardighede belê om te verseker die oorgang vanaf steenkool skep werk en ondersteun voortbestaan. Ramaphosa noem Mpumalanga Suid-Afrika se kragreus en beklemtoon sy rol in elektrisiteitsopwekking en sy potensiaal om groei aan te vuur en omgewingsvolhoubaarheid te verseker:
# Die Internasionale Oorgrenshandelaarsvereniging waarsku oor ekonomiese sabotasie nadat betogings in Mosambiek die sluiting van die Lebombo-grenspos veroorsaak het. Die Grensbestuursowerheid het bedrywighede opgeskort weens sporadiese geweld ná die verkiesing. Reisigers word versoek om gebruik te maak van die Mananga-grenspos in Eswatini. Dennis Juru van die vereniging het aan Newzroom Afrika gesê vrag en toerisme word ontwrig. Hy versoek die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om in te gryp deur dialoog:
# Die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, begin met ‘n onafhanklike ondersoek na die Onafhanklike Ontwikkelingstrust oor bestuurskwessies. Dit hou verband met ‘n tender van 836-miljoen-rand vir die drukswaai-adsorpsie-suurstofaanleg. Daar is bewerings van korrupsie nadat kontrakte aan maatskappye toegeken is wat nie by die Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte geregistreer is nie. Macpherson beloof aanspreeklikheid en sal saam met die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, werk om openbare fondse te beskerm en toegang tot kritieke hulpbronne vir gesondheidsorg te verseker. Hy sê die ondersoek moet vertroue en integriteit van bestuur herstel.
# Die Gautengse Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning het die afgelope vyf jaar altesaam 16,6-miljoen-rand bestee om nege feeste met internasionale kunstenaars te ondersteun. Die DA is van mening hoewel dit goed is om internasionale optredes aan te bied, moet plaaslike kunstenaars en projekte op voetsoolvlak voorrang geniet met die besteding van openbare fondse. Hulle is van mening hierdie geld kan plaaslike talent beter ondersteun, van wie baie finansieel swaarkry. Die party is ten gunste van ‘n gebalanseerde benadering wat die aanbied van internasionale optredes asook die ontwikkeling van plaaslike kunstenaars en atlete insluit.
# Rugby: Die uitvoerende hoof van Australië se beheerliggaam, Phil Waugh, sê hulle moet ambisieuse doelwitte stel as hulle die sport na ‘n volgende vlak wil neem. Rugby Australië het sy strategie vir 2025 tot ’29 bekendgemaak. Die land gaan volgende jaar gasheer wees vir die Britse en Ierse Leeus, in 2027 die mans-Wêreldbekertoernooi aanbied en in 2029 die vroue-toernooi. Waugh sê skielike omkeerpogings kan bereik word in hulle strewe om teen 2029 die beste rugby-spelende land ter wêreld te wees:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-85-sent teen die dollar, 18-rand-80-sent teen die euro en 22-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-671-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-672-dollar-20-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….