Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Desember 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vra sterker parlementêre toesig en wetgewende deursigtigheid
# Die Inkomstediens en Prasa begin met sonkrag-projekte om hulle afhanklikheid van Eskom te verminder
# En, sokker: Fifa stem Woensdag oor die Wêreldbeker-gashere vir 2030 en ’34
# Die DA vra verbeterde parlementêre toesig en groter wetgewende deursigtigheid na sy inskakelling by die regering van nasionale eenheid. Die party fokus danksy ‘n groter invloed in die Parlement daarop om die uitvoerende gesag aanspreeklik te hou en belangrike nasionale kwessies soos die waterkrisis en stygings in die prys van elektrisiteit aan te pak. DA-woordvoerder George Michalakis het aan die media gesê hulle doel is om te verseker die regering is deursigtig is en aanspreeklik teenoor die publiek:
Build One South Africa sê intussen op Wêreld-teenkorrupsiedag die regering is sinoniem met korrupsie. Die regering se tweede Nasionale Dialoog oor die bou van ‘n korrupsievrye Suid-Afrika vind môre plaas. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die regering moet dit oorweeg om die aantal ministeries tot tien super-ministeries te verminder en die knapste talent te lok. Hy glo die regering moet ook fokus op goeie uitslae, ‘n nasionale werwingsveldtog en aansporingsgebaseerde skemas om uitnemendheid te beloon en vaardige beroepslui te lok:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het kommer uitgespreek oor die voortslepende misbruik van staatsfondse. In die jongste voorval het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, ‘n ondersoek gelas na die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie. Dit kom te midde van bewerings oor die misbruik van staatsfondse tydens sy reis na die Olimpiese Spele in die Franse hoofstad, Parys. Stefanie Fick van Outa sê groter aanspreeklikheid is nodig om korrupsie doeltreffend te bekamp.
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika maak werk daarvan om hulle afhanklikheid van Eskom te verminder deur sonkragstelsels by verskeie komplekse aan te bring. Die Inkomstediens wil 40-persent van sy energiebehoeftes uit hernubare bronne voorsien, terwyl Prasa poog om sonkraginstallasies te kommersialiseer om die uitwerking van beurtkrag te versag en energiekoste te verminder. News24 berig albei projekte stem ooreen met breër pogings deur die openbare sektor, om die gebruik van sonenergie en volhoubaarheid uit te brei.
# Sokker: Dit behoort net ʼn formaliteit te wees wanneer die beheerliggaam, Fifa, Woensdag stem oor die Wêreldbeker-gashere vir 2030 en ’34. Daar is slegs een bod vir elke toernooi ontvang. Ses lande op drie vastelande wil 2030 se toernooi saam aanbied, en Saoedi-Arabië die een daarna. 2030 se skouspel kan moontlik wedstryde behels in Spanje en Portugal in Europa, Marokko in Afrika, en Argentinië, Uruguay en Paraguay in Suid-Amerika.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-81-sent teen die dollar, 18-rand-85-sent teen die euro en 22-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-370-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-657-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-81-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….