Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 November 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vooruitskattings toon Donald Trump gaan die volgende Amerikaanse president wees
# OPOD doen strafregtelike en tugstappe teen nege beamptes wat in die gedeklassifiseerde Charl Kinnear-verslag vermeld word
# En, rugby: Skotland speel teen die Bokke sonder die vleuel wat vier drieë gedruk het teen Fidji
# Verskeie Amerikaanse nuusdienste, insluitend NBC News en CNN, voorspel oudpresident Donald Trump gaan die land se volgende president wees. Hy het ‘n onwaarskynlike politieke terugkeer gemaak om vise-president Kamala Harris te verslaan met beloftes om die ekonomie aan te vul en die miljoene onwettige immigrante te deporteer. Kiesers het hom gekies ondanks waarskuwings van die opposisie en sy eie voormalige assistente dat hy outokraties sal regeer. Hy is die enigste Amerikaanse president wat twee keer ‘n ampsklag teen hom gehad het, vier keer aangekla, en skuldig bevind is aan misdadige bedrywighede.
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê hy gaan voort met strafregtelike en dissiplinêre optrede teen nege polisielede wat verbind word met die moord op ‘n speurder van Kaapstad se teen-bende-eenheid, Charl Kinnear, in 2020. Die direktoraat het sy verslag gedeklassifiseer en sewe polisielede uitgewys asook twee van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke. Hoofondersoeker Mario September sê die direktoraat werk saam met die Nasionale Vervolgingsgesag om ‘n vroeëre besluit om nie te vervolg nie, te hersien:
# Die Departement van Binnelandse Sake is besig om ‘n vyf-jaar-plan te ontwikkel om dokumente met ‘n voorkeurdiens te laat aflewer. Die doel hiervan is om roetine-takbesoeke uit te skakel. Die woordvoerder, Duwayne Esau, het bevestig hierdie projek vorm deel van Binnelandse Sake se visie om dienste ten volle te digitaliseer. Esau sê minister Leon Schreiber se plan, Binnelandse Sake by die Huis, reageer op begrotingsbeperkings en het ten doel om sy diens na mense se huise te bring.
# Rugby: Skotland speel Sondag in Edinburgh teen die Springbokke sonder die vleuel Darcy Graham, wat verlede naweek vier drieë gedruk het in die oorwinning van 57-17 oor Fidji. Hy het ʼn kopbesering opgedoen toe hy sy vierde drie druk en afrigter Gregor Townsend het bevestig hy is nie beskikbaar nie. Kyle Rowe, wat beïndruk het vir Glasgow Warriors tydens hulle onlangse oorwinning oor die Stormers in die Verenigde Rugbykampioenskap, het herstel van ʼn besering wat hy teen Fidji opgedoen het en kan Graham moontlik vervang teen Suid-Afrika.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-68-sent teen die dollar, 18-rand-96-sent teen die euro en 22-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-844-dollar-80-sent. Die prys van goud is twee-duisend-718-dollar-84-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-47-sent per vat.
# En ten slotte: ActionSA sê hy vier die veerkragtigheid, krag en bydraes van mense met gestremdhede in die land. November is Nasionale Gestremdheidsregte-bewustheidsmaand. Sowat 3,3-miljoen mense in Suid-Afrika leef met gestremdheid. Khomo Mashala van ActionSA sê die erkenning en insluiting van gestremdheidskwessies in die hoofstroom-dialoog is nie net normaalweg gebiedend nie, dit is noodsaaklik vir die skep van ‘n billike en regverdige samelewing:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….