Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 21 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die privaat sektor is die sleutel tot Suid-Afrika se toekomstige elektrisiteits-behoeftes
# Suid-Afrika word versoek om sy landbou-uitvoermarkte uit te brei
# En tennis: Nick Kyrgios hoop om terug te keer in die Australiese Ope
# Die ministerie van Energie en Elektrisiteit beklemtoon die belangrikheid van privaat sektorbetrokkenheid om in Suid-Afrika se energiebehoeftes te voorsien. Minister Kgosientsho Ramokgopa sê die Onafhanklike Kragprodusenteprogram sal hernubare energie ten volle benut om voorsiening te verseker en elektrisiteitsonkoste te verlaag. Hy voeg by die ministerie beoog om die gevare verbonde aan energie-opwekking te verminder en verskeie elektrisiteitsopwekkers regoor die land te bevorder:
# ‘n Landbou-ekonoom, Wandile Sihlobo, doen ‘n beroep op Suid-Afrika om sy landbou-uitvoermarkte uit te brei, veral in BRICS-lande. Hy sê terwyl geopolitieke spanning toeneem, is die uitbreiding van marktoegang noodsaaklik vir groei. Sihlobo beklemtoon hoewel die landbousektor se uitvoere floreer het, moet aandag geskenk word aan die uitdagings, byvoorbeeld die hoë invoertariewe in sleutelmarkte soos Suid-Korea, Japan en Viëtnam, om mededingendheid te verbeter:
# Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum sê finansiële misdaad het verlede jaar tot verliese van byna 3,3 miljard-rand gelei. Kubermisdaad het die skerpste toegeneem en digitale bankbedrog het met 45-persent gestyg, hoofsaaklik as gevolg van bedrog met banktoepassings, wat nou verantwoordelik is vir 60-persent van alle digitale bankmisdade. Kaartbedrog het ook toegeneem, met aanlyn bedrog wat 68-persent van die verliese uitmaak. Ten spyte hiervan het Sabric ‘n daling van 48-persent in bedrog met vervalste kaarte aangeteken, en ‘n 41-persent afname in rooftogte by staatsbeheerde bankinstellings soos die Poskantoor.
# Tennis: Nick Kyrgios het sy voorneme bevestig om vroeg volgende jaar terug te keer in die Australiese Ope in sy vaderland. Beserings hou die 29-jarige reeds vir bykans twee seisoene uit die toer. Die voormalige wêreld nommer 13 sê hoewel dokters hom gewaarsku het gewrig- en kniebeserings kan die einde van sy loopbaan beteken, droom hy steeds daarvan om ‘n Grand Slam-toernooi te wen voor hy uittree. Die Australiese Ope is die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar en begin op 12 Januarie in Melbourne.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-60-sent teen die dollar, 19-rand-10-sent teen die euro en 22-rand-94-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-384-dollar-59-sent. Die prys van goud is twee-duisend-735-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-9-sent per vat.
# En ten slotte: Die ANC gedenk vandag die nalatenskap van die struggle-ikoon, Albertina Sisulu, met ʼn reeks geleenthede wat deur die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gelei word. Bedrywighede sluit in ‘n kranslegging by die Croesus-begraafplaas in Johannesburg, gevolg deur ‘n skoonmaak- en voedselsekerheidsveldtog by die Albertina Sisulu-skool en ‘n kliniek in Soweto. Die dag eindig met ‘n gedenklesing in Uncle Tom’s Hall, wat die soeklig laat val op Sisulu se aansienlike bydraes tot verpleging, aktivisme en leierskap binne die ANC-Vroueliga, terwyl Suid-Afrika haar eeufees gedenk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….