Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa prys internasionale motorondernemings vir hul volgehoue belegging in SA
# Krieket: Australië kondig beter as verwagte syfers vir die vorige boekjaar aan
# En ‘n beroemde Italiaanse modehuis help om ruimtepakke te vervaardig vir die volgende sending na die maan
# President Cyril Ramaphosa het internasionale motorondernemings soos Ford, Volkswagen, BMW en Toyota bedank vir hulle voortgesette belegging in Suid-Afrika. Hy sê hierdie ondernemings het elke jaar sowat agt-miljard-rand belê en verskaffers van onderdele het jaarliks vier-miljard-rand bygevoeg. Ramaphosa het in sy hoofrede op die Suid-Afrikaanse Motorweek in Kaapstad die belangrikheid van hierdie vennootskap beklemtoon om ekonomiese groei aan te vuur en langtermyn samewerking te bevorder:
# Die eerste vergadering van die regering van nasionale eenheid se geskiloplossings-meganisme het goed afgeloop. Ramaphosa het die meganisme ingestel om beleidsgeskille binne die regering op te klaar. Dit sal kyk na voorbereidings vir die G20-vergadering wat Suid-Afrika volgende jaar aanbied, voorbereidings vir die Nasionale Dialoog en beleidsuitdagings soos die BELA-wet. Dit sal ook werk om die strategiese mikpunte van die regering te behaal, insluitend die strewe om armoede te verminder en die hoë lewenskoste aan te pak.
# ‘n CNN-opname het bevind tientalle Republikeine wat in 2020 se Amerikaanse verkiesing bedrog gepleeg het, insluitend verskeie wat moontlik reeds strafregtelik vervolg word, dien vanjaar as amptelike kiesbeamptes vir oudpresident Donald Trump in state waar die partye kop-aan-kop is. Daar is ook 16 wat sê president Joe Biden se oorwinning in 2020 was bedrieglik. Hulle verteenwoordig meer as ‘n derde van die 82 beamptes wat gekies is om Trump te ondersteun in die sewe state waar hy in 2020 die uitslag probeer omkeer het.
# Krieket: Australiese beroepspelers kan reken op stewige salarisverhogings nadat Krieket Australië beter as verwagte syfers vir die vorige boekjaar bekendgemaak het. Hulle sê die netto tekort van 379-miljoen-rand is die gevolg van gesonde samewerking om uitgawes te bestuur en inkomste te vermeerder. Dit volg op groter as verwagte skares gedurende verlede seisoen se tuistoetse teen Pakistan en die Windies. Hulle verwag ook ‘n groot hupstoot die volgende 18 maande met die toetsreeks tuis teen Indië en die reeks om die As teen Engeland.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-997-dollar-7-sent. Die prys van goud is twee-duisend-686-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-34-sent per vat.
# En ten slotte: Die beroemde Italiaanse modehuis Prada en die nuwe Amerikaanse ruimtevaartmaatskappy Axiom Space het die ruimtepakke onthul vir NASA se komende Artemis 3-sending, wat sy eerste bemande reis na die maan sal wees sedert Apollo 17 in 1972. Die ontwerp van die nuwe ruimtepak verbeter beweeglikheid, kan ‘n ruimtewandeling van agt uur hanteer en sal twee ure van die maan se suidpool se laagste temperature kan weerstaan. Die president van Axiom Space, Matt Ondler, sê die ruimtepakke is deeglik getoets en het nabootsings ondergaan:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….