Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA prys ekonomiese verbeterings ná 100 dae van die regering van nasionale eenheid
# Mashatile verwerp vals ondersoek-aansprake op sosiale media
# En, motorsport: MotoGP stop nuwe enjins vir twee jaar voor die nuwe regulasies in 2027 in werking tree
# Die DA-leier, John Steenhuisen, het die land se ekonomiese vooruitgang geloof en dit toegeskryf aan die party se betrokkenheid by die regering van nasionale eenheid. Steenhuisen het gepraat tydens ‘n nuuskonferensie wat 100 dae in regering vier, en het onder andere werkskepping, die uitbreiding van infrastruktuur en die bevordering van ‘n mededingende energiesektor uitgelig. Hy het ook klem gelê op die digitalisering van Binnelandse Sake en die bevordering van beleggings in die privaat sektor as sleutelaandrywers vir groei:
# Adjunkpresident Paul Mashatile veroordeel vals bewerings wat op die sosiale mediaplatform X versprei word, en waaroor News24 berig het. Dit dui aan hy word ondersoek oor sy finansies en leefstyl. Mashatile se kantoor beweer die beskuldigings is polities gemotiveerde onwaarhede om skade aan sy reputasie te veroorsaak. Die adjunkpresident het sy vertroue in staatsinstellings herbevestig en kritiseer diegene wat daardie instellings vir politieke gewin misbruik.
# Koorsagtige reddingspogings is aan die gang na Israelse lugaanvalle in die sentrale dele van Beiroet. Minstens 22 mense is dood en baie is onder die puin begrawe. Israel sê hy teiken Irans-gesteunde Hizbollah-militante in Libanon. Die gebied wat aangeval is, val egter buite die groep se vesting in die suidelike voorstede waarheen baie na veiligheid gevlug het. ‘n Bron van die Verenigde Nasies sê Israelse magte het weer op vredesmagte in Libanon losgebrand ondanks internasionale veroordeling omdat hy die VN se Tussentydse Mag in Libanon aanval.
# Motorsport: Die Internasionale Motorfietsfederasie het nuwe MotoGP-enjins vir 2025 en 2026 gevries. Dit is in aanloop tot fietse met nuwe spesifikasies wat in 2027 toegelaat word. Volgens bestaande regulasies kan vervaardigers ʼn splinternuwe enjin voor die eerste Grand Prix van elke seisoen voorlê. Die federasie sê die bevriesing is om kostes te beheer en dit vir almal gelyk te maak voor die instelling van die nuwe regulasies. Die maksimum aantal enjins vir elke jaer in ‘n seisoen word ook van sewe tot ses verminder.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-9-sent teen die euro en 22-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-34-dollar-28-sent. Die prys van goud is twee-duisend-640-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-80-sent per vat.
# En ten slotte: 2024 se Nobelprys vir Vrede is toegeken aan die Japannese organisasie, Nihon Hidankyo, oor sy verteenwoordig van mense wat die atoombomaanval op Hiroshima en Nagasaki oorleef het, ook bekend as Hibakusha. Die Noorweegse Nobelkomitee het die organisasie geprys vir sy pogings om weg te beweeg van kernwapens en kragtige getuienis te deel oor die gevare rondom die gebruik daarvan. Jorgen Watne Frydnes van die Nobelkomitee het op ‘n nuuskonferensie gesê die organisasie word erken vir sy dekade lange veldtog om ‘n wêreld vry van kernwapens te bereik:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….