Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Raadslid van ActionSA word verkies tot nuwe burgemeester van Tshwane
# Die Gautengse Kantoor van Verbruikersake vra kalmte tydens die ondersoek na kinders van Soweto se dood
# En, padwedlope: ‘n Voertuigvrye roete kan die Kaapstadse Marathon verhef tot globale status
# Nasiphi Moya van ActionSA is verkies tot nuwe burgemeester van Tshwane. Sy het 122 stemme behaal en die voormalige burgemeester, Cilliers Brink van die DA, 86. Moya, voorheen die onderburgemeester, is deur die ANC en ander politieke partye gesteun nadat Brink vroeër met ‘n mosie van wantroue verwyder is. Moya is amptelik ingehuldig as burgemeester nadat sy die ampseed afgelê het. Sy sê sy gaan diensleweringshervormings in die stad lei wat die ANC amptelik sal onderskryf:
# Die Gautengse Kantoor van Verbruikersake vra kalmte na die dood van vyf kinders in Naledi, Soweto, na bewering weens besmette versnaperinge. Hulle stel die publiek gerus dit word ondersoek. Die kantoor fokus ook daarop om voedselveiligheid te verbeter met die veldtog, Ruk Jou Onderneming Reg. Die direkteur van die kantoor, Milly Viljoen, versoek die publiek om onveilige voedsel aan te meld en ondernemings om verbruikswette te gehoorsaam:
# Turkye het skepe gestuur om ongeveer twee-duisend van sy burgers uit Libanon te ontruim, terwyl sy gesant in Beiroet sê dit sal die grootste ontruiming van sy soort uit die oorloggeteisterde land wees. ’n Turkse diplomatieke bron het aan AFP gesê twee Vlootskepe sal die ontruimde burgers en hul gesinne vervoer en sal in die môre in die vroeë oggendure in die suidelike Turkse hawe Mersin aankom. Die twee skepe het oornag na die Libanese hoofstad gevaar waar die stad se suidelike voorstede opnuut onder Israelse bombardemente deurgeloop het.
# Padwedlope: Die Kaapstadse Marathon word oorweeg vir insluiting in die gesogte Abbott-wêreldmarathonreeks teen 2026. ’n Belangrike oorweging is om ’n voertuigvrye roete vir 2024 se wedloop te verseker. Om dit te bereik sal verskeie paaie op wedloopdag op 20 Oktober geen parkering toelaat nie. Stadsamptenare versoek inwoners om hieraan gehoor te gee om Kaapstad se bod vir globale erkenning te ondersteun.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-61-sent teen die dollar, 19-rand-31-sent teen die euro en 23-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-100-dollar-96-sent. Die prys van goud is twee-duisend-622-dollar-2-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-80-sent per vat.
# En ten slotte: 2024 se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan drie wetenskaplikes vir hul baanbrekerswerk met proteïene. Die Amerikaner, David Baker, sal die helfte van die prys ontvang, terwyl Demis Hassabis en John Jumper van die Verenigde Koninkryk die ander helfte sal deel. Die gesogte prys, toegeken deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe, is sowat 20-miljoen-rand werd. Baker het in ‘n telefoonoproep gesê die gebruik van kunsmatige intelligensie om proteïenvorms te voorspel bied nuwe geleenthede vir die ontwerp van proteïene wat mense kan bevoordeel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….