Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 3 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU sê die DA het geen kans om die Wet op Gelyke Indiensneming as ongrondwetlik te laat verklaar nie
# Adjunkminister Seitlholo sê die besoedeling van waterbronne bly een van Suid-Afrika se grootste bedreigings
# En, krieket: ‘n Sri Lankaanse draaibouler word geskors omdat hy nie ‘n wedstrydknoei-versoek aangemeld het nie
# Cosatu sê hy is ontsettend ontsteld oor die DA se skokkende dreigemente om die Wet op Gelyke Indiensneming ongrondwetlik te laat verklaar. Matthew Parks van die federasie sê enigiemand met basiese regskennis sal weet die toondowe DA se toertjies het geen kans om te slaag nie. Hy sê die grondwetlike verpligting is duidelik uitgestippel op die staat en werkgewers om aandag te gee aan diskriminasie in werkplekke:
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Seitlholo, sê die besoedeling van waterbronne bly een van die grootste bedreigings vir watersekerheid en volhoubaarheid. Seitlholo het gepraat tydens die bekendstelling van die Vaalrivier Anti-Besoedelingsforum wat daarop gemik is om die langdurige besoedeling uit te wis, wat die watergehalte in die Vaalrivier beïnvloed. Hy sê die besoedeling van die land se waterbronne is belangrik vir elke Suid-Afrikaner en elke bedryf:
# Die uitvoerende hoof van Standard Bank, Sim Tshabalala, sê buitelandse beleggers bly versigtig en wag op tasbare hervormings, ondanks ‘n herstel in die mark. Tshabalala het tydens Bloomberg se Future of Finance-geleentheid beklemtoon hoewel daar meer optimisme is met die nuwe koalisieregering, is beleggers steeds huiwerig na vorige onvervulde hervormingsbeloftes. Hy sê kommer oor korrupsie, Eskom se energiekrisis en ekonomiese uitdagings soos werkloosheid, skaad beleggersvertroue in die Suid-Afrikaanse mark.
# Krieket: Die Internasionale Krieketraad het die Sri Lankaanse draaibouler Praveen Jayawickrama ‘n jaar lank geskors omdat hy nie aangemeld het dat hy genader is om wedstryde te bekook nie, en vir dwarsboming van die ondersoek. Die helfte van die skorsing is opgeskort. Die IKR sê die 26-jarige speler is tydens 2021 se Lanka Premierligaseisoen gevra om te knoei met internasionale wedstryde en ander spelers ook te betrek. Hy het oortreding erken van die sport se teen-korrupsiekode. Jayawickrama het in April 2021 sy internasionale buiging gemaak.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-48-sent teen die dollar, 19-rand-31-sent teen die euro en 22-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-962-dollar-67-sent. Die prys van goud is twee-duisend-645-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-43-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die Suid-Afrikaanse sterre Connie Ferguson, Bryan Habana, Proverb, Graeme Smith, Thobile Khumalo en Ntando Kunene ondersteun ‘Turn On The Subtitles’, ‘n globale veldtog om geletterdheid onder kinders te bevorder. TOTS word vandag in Suid-Afrika bekendgestel en moedig gesinne aan om subtitels op stromingsplatforms te aktiveer. TOTS sê agt uit tien kinders in Suid-Afrika kan op die ouderdom van tien nie met begrip lees nie en hierdie veldtog kan die land se geletterdheidskoers aansienlik verbeter.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….