Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg verskaf redes vir die verwerping van Zuma se jongste aansoek teen aanklaer Billy Downer
# Die minister van Gesondheid vra vir bemiddeling vir mediese regseise
# En meer as ‘n kwart van Suid-Afrika se munisipale raadslede het nie matriek nie
# Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, het die redes verstrek vir sy besluit om oudpresident Jacob Zuma se aansoek te verwerp om staatsaanklaer Billy Downer uit sy korrupsieverhoor te verwyder. Die verhoor begin op 14 April volgende jaar. Zuma se regspan het betoog dis noodsaaklik om die redes te verstaan voor ‘n verhoordatum vasgestel kan word. Regter Nkosinathi Chili sê Zuma se betoë, wat die Appèlhof vroeër verwerp het, is ongegrond en geloofwaardige bewyse van partydigheid is nie voorgelê nie:
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê sy departement ondersoek bemiddeling vir stygende mediese regseise. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid het hierdie eise, wat vergoeding vra vir verliese wat deur die departement veroorsaak is, tussen 2017/18 tot 2022/23 met tien-persent toegeneem. Motsoaledi het in die Parlement sy besorgdheid uitgespreek oor bedrieglike eise wat in die verslag uitgewys is:
# Die Pensioenfondsberegter, Muvhango Lukhaimane waarsku die nuwe tweepot-aftreestelsel wat hierdie maand in werking getree het, kan wydverspreide wanoptrede deur werkgewers onthul met betaling van pensioenfondsbydraes. Haar kantoor sê 82-persent van die huidige klagtes gaan oor sulke oortredings. Lukhaimane verwag hierdie klagtes sal verder toeneem wanneer werkers op teenstrydighede afkom. Daar is bevind talle werkgewers het nie enige bydraes tot die pensioenfondse van hulle werkers gemaak nie.
# Krieket: Jordan Cox, Jacob Bethell en Jamie Overton maak na verwagting vandag hulle T20-buiging vir Engeland in die aanvangswedstryd van die reeks van drie kragmetings teen Australië. Phil Salt sal die span in Southampton aanvoer in die afwesigheid van die beseerde kaptein, Jos Buttler. Die T20-reeks word gevolg deur vyf eendagwedstryde teen dieselfde teenstanders, met Engeland wat jong groepe gekies het nadat hulle die afgelope jaar afstand gedoen het van die T20- en eendagwêreldtitels.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-87-sent teen die dollar, 19-rand-74-sent teen die euro en 23-rand-39-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-684-dollar-37-sent. Die prys van goud is twee-duisend-523-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-59-sent per vat.
# En ten slotte: Meer as ‘n kwart van Suid-Afrika se drie-duisend-800 munisipale raadslede het nie matriek nie. Volgens Lance Joel van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging het 27-persent van raadslede nie graad 12 geslaag nie en 36-persent het net matriek. Hy het in die Parlement melding gemaak van die aansienlike gaping in bestuursvermoë, wat vererger is deur die pandemie en die hoë omset in plaaslike regering. Die plaaslike verkiesing van 2021 het baie nuwe raadslede tot gevolg gehad, wat gelei het tot ‘n verlies aan ingewortelde geheue, en die behoefte aan verbeterde inlywingsprogramme.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….