Nuus 15:00
BULLETIN 27 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# FOSA kritiseer Ramaphosa omdat hy Andrea Johnson toegelaat het om te bedank
# ‘n Forum sê mense verdien antwoorde na Johnson se bedanking
# En die regering keur die Drank-aksieplan goed om geweldsmisdaad te bekamp
# Forum for South Africa veroordeel president Cyril Ramaphosa omdat hy Andrea Johnson toegelaat het om te bedank as hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie in plaas van om te verseker sy word aanspreeklik gehou. Woordvoerder Tebogo Mashilompane sê dit ondermyn openbare vertroue en verswak die stryd teen korrupsie. Hy meen ernstige vrae rondom Johnson bly onopgelos. Mashilompane sê wetstoepassing moet hul ondersoeke voortsit en haar aanspreeklik hou vir enige moontlike oortreding:
Activists and Citizens Forum verwelkom intussen Johnson se bedanking. Dennis Bloem van die forum sê haar besluit sal bydra tot die beskerming van bewyse wat voor die Madlanga-kommissie aangebied is en die integriteit van sy verrigtinge. Hy sê die kommissie moet sy werk onafhanklik en sonder inmenging kan voltooi:
# Die saak teen die beweerde moordenaars van die gewilde platejoggie DJ Warras Stock is in die Hooggeregshof in Johannesburg uitgestel tot 19 Augustus. Victor Majola en Armando Pacula word aangekla nadat Stock op 16 Desember verlede jaar in die Johannesburgse middestad doodgeskiet is. Die uitstel volg op aanduidings dat Majola sukkel om sy regsverteenwoordigers te betaal en nog reëlings met hulle tref. Regter William Karam het uitstel toegestaan.
# Die regering het die Nasionale Drank-aksieplan aangeneem as ‘n sleutelstrategie om geweldsmisdaad en alkoholmisbruik hok te slaan. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê dit is goedgekeur tydens ‘n vergadering met LUR’e in Mpumalanga ná uitgebreide raadpleging binne die regering. Onlangse misdaadstatistiek toon drankmisbruik is verbind met 231 moorde tussen Januarie en Maart. Cachalia sê die regering sal ook voortgaan om die stryd teen geslagsgeweld en die beskerming van kwesbare groepe voorop te stel.
# Krieket: Pakistan is 112 lopies agter die Wes-Indiese Eiland aan die begin van die derde dag van die eerste toets in Tarouba, Trinidad. Die Brian Lara-stadion bied sy heel eerste toets aan. Die gasheer het 311 in sy eerste beurt aangeteken na Shai Hope se 92 en Kaven Hodge se 84. Mohammad Ali het vier paaltjies geneem en Mohammad Abbas drie. Shan Masood hervat op 88 nadat Imam-ul-Haq uitgevang is vir 63. Die laaste toets begin Sondag in Port of Spain.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-70-sent teen die dollar, 19-rand-3-sent teen die euro en 22-rand-24-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-113-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-100-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 91-dollar-4-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….